LANDBOU
LANDBOU
3 .
3 . Dadels so ver as wat jy kan sien in die dorre Kalahari – hier is ongeveer 30 000 dadelbome op Southern Farms .
metode is oor honderde jare gebruik . Meer onlangs het weefselkultuur egter suksesvol geword om dadels te vermeerder . Ons het tans ongeveer 250 ha dadels in die grond , in verskeie fases van ontwikkeling ,” verduidelik hy oor die stand van sake op Southern Farms .
Morne vertel dat dadels ’ n taamlik verdraagsame plant is en dat Suid-Afrikaanse dadels min bedreigings het . Dit is danksy die streng vereistes vir die invoer van plantmateriaal wat ’ n skoon omgewing verseker .
“ Dieselfde kan ongelukkig nie van Namibië gesê word nie , waar die fitosanitêre vereistes nie so streng is nie en invoermaatreëls minder streng toegepas word . Op ander plekke waar dadelboorde voorkom , het die stam-
MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 39