MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 74

LANDBOU
LANDBOU

heid . Die doelwit was om dit tot 600 ha uit te brei en alternatiewe kommoditeite in te sluit .

Hierdie strategie was daarop gemik om infrastruktuur soos pak- en koelstore , behuising vir arbeiders , damme en paaie optimaal te benut . In die tafeldruifbedryf word pakhuise net 6 – 8 weke per jaar gebruik , en die uitdaging was om hierdie hulpbronne meer ekonomies in te span .

“ Teen 2010 het ons belanggestel in dadels en navorsing begin doen oor geskikte plantmateriaal . Ons het weefselkultuur uit die Midde-Ooste ingevoer – ’ n komplekse proses met streng fitosanitêre vereistes en lang kwarantyntydperke . Ons het met die departement van landbou saamgewerk om die bome in te voer . Die plantmateriaal is duur omdat daar net twee maniere is om dadelbome eg aan ’ n kultivar te hou . Tradisioneel word dit gedoen deur suiers te gebruik - jong lote wat uit die oksels van die blare groei . Hierdie

4 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025