MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 64

LANDBOU
LANDBOU

9 .

9 . Tiaan gebruik ook beesmelk om sy spesialiskase mee te maak .

Die veroudering van bloukaas is selfs moeiliker . Beide blou en wit skimmels is uiters kontaminerend en moet koud gehou word tussen 8 ° C en 10 ° C .

Daarvoor het ek ’ n spesiale houer waarin dit in ’ n aparte vertrek gedoen word . Elke keer as jy die yskas oopmaak , versprei die spore , en as jy dit toemaak , gebeur dit ook . Daarom werk ek een dag net met witskimmel en diens dit , en die volgende dag met blou skimmel .

Camembert , wat uit witskimmel voortkom , is my gunsteling – dit moet egter ‘ loop ’ om sy volle geur te ontwikkel ,” sê hy .

Tiaan verduidelik dat die grootste uitdaging met kaasmaak die hitte van die Augrabies-omgewing is .

“ Selfs in die winter is temperatuur ’ n uitdaging , omdat die dag- en nagprosesse deurmekaar loop en daar groot temperatuurverskille is .

“ Maar die potensiaal om

MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 33