MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 62

wat dit verg om ’ n topgehalte eindproduk te lewer .

Die verskille tussen harde en sagte kase , gouda , cheddar en feta , die invloed van sout en water in die verskillende produkte , en die gebruik van agt verskillende kulture wat die verouderingsproses aanhelp , is ingewikkeld en tegnies . Sy bokkaas word vir ’ n jaar verouder voordat hy dit bemark . Elke kaas word maandeliks omgedraai en omgedop om te verseker dat die prosesse gelykmatig verloop .

Die proses is duur en verg handearbeid ; die kaas moet lank in die koelkamer gestoor word voordat dit ’ n opbrengs lewer . Tiaan verduidelik ook dat vet en proteïen die belangrikste voedingstowwe in kaas is . Hoe droër die kaas , hoe langer hou dit , en dit was in die verre verlede die manier waarop somermelk vir die winter behoue gebly het .

“ Bloukaas is moeilik om te maak en te verstaan . Dis byna soos kinders – dit is maklik om hulle te maak , maar moeilik om groot te kry .

4 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025