MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 58

LANDBOU
LANDBOU

7 .

7 . Gerolde Kalahari Fromage Blanc word in yskaste verouder voordat dit verpak en verkoop word .

beesmelk , vermeng met bokmelk en soms skaapmelk , in verskillende verhoudings . Dit is alles rou melk , ongepasteuriseerd , en omdat ek so met ongepasteuriseerde melk begin werk het en my kase hul eie identiteit daardeur verkry het , waaraan ons klante gewoond geraak het , verander ek nie die proses nie omdat ek nie die smaak wil laat verander nie . Die meeste van my kase word deur een kliënt opgekoop , maar dit bly my geheim ,” vertel Tiaan .

Hy maak met 80 l melk per dag 12 verskillende kase , en is die enigste kaasmaker in die land wat bok- , skaap- en beesmelk daarvoor gebruik . Dit sluit feta , bloukase , camembert en talle ander in waarvoor hy self die mengsels en geure aanpas .

Hy verskaf ook kaas aan gastehuise in die omgewing en bied gereeld kaasmaakkursusse oor naweke aan . Tydens hierdie kursusse leer deelnemers alles oor melk en kry hulle die geleentheid

30 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025