LANDBOU
LANDBOU
2 .
2 . Boerbokke word gemelk , en kaas word van hul melk gemaak , soms gemeng met dié van skape en beeste .
sy lang houttafel waar seker twaalf mense gemaklik kan aansit .
Tiaan val sommer dadelik met die deur in die huis . Hy maak kaas as ’ n manier om sy kreatiwiteit uit te druk . Hy het min of meer genoeg gehad van die druk lewe as tafeldruifboer en is besig om daardie deel van sy lewe af te skaal en vaarwel toe te roep . As hy sy sin kan kry , wil hy nou net kaas maak . En dit is gou duidelik dat hy weet wat hy doen – al is dit op klein skaal .
“ Ek ontwikkel gereeld nuwe kombinasies – nuwe smake en verskillende produkte in my kase – maar fokus daarop om hoofsaaklik plaaslike bestanddele soos rosyntjies , dadels en pekanneute te gebruik . Byvoorbeeld , vir die proeflokaal van
24 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025