LANDBOU
LANDBOU
1 .
Tiaan Visser | The Kalahari Cheesemaking Company
As ’ n mens ’ n nisboerdery bedryf en steeds ’ n bestaan daaruit wil maak , moet jy seker maak dat dit wat jy doen uniek en in aanvraag is . Of jy moet sorg dat jou produk of produkte van so ’ n aard is dat jy die enigste een is wat dit op ’ n volhoubare grondslag kan verskaf . Dit is presies wat Tiaan Visser van The Kalahari Cheesemaking
Company naby Augrabies doen . Hy maak spesialiskase uit , kom ons sê eerder “ versnitte ” as “ mengsels ”, van bok- , skaap- en beesmelk .
Ons kom laatmiddag by hom op sy plaas aan , die restant van familie-grond wat al dekades in die familie se besit is , en word vriendelik ingenooi na die koelte van die groot plaaskombuis met
1 . Tiaan Visser in die vertrek waar sy bokmelkkaas gemaak word .
MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 23