LANDBOU
LANDBOU
5 .
5 . ’ n Gerieflike jaghuis op die jagplaas kan 18 mense huisves .
Hy is trots op sy diere , wat ondanks die uitmergelende droogte in goeie kondisie is . Hy wys die bastergemsbokke en matetsi ’ s . Die matetsi ’ s het ’ n gelerige kleur , terwyl die bastergemsbokke swarter is , veral op die gesig . Hy kruisteel nie met die diere nie om die spesies suiwer te hou .
“ Die omheining van die wildskampe is belangrik en moet volgens voorskrifte gedoen word , veral vir die buffels ,” verduidelik hy . “ Die bastergemsbokke en swartwitpense moet apart wees ; hulle wil mekaar doodmaak , en as hulle parmantig raak , spring hulle oor die drade !”
Hy koop wild regoor die land , maar net diere in goeie kondisie . Met ’ n gemiddelde jaarlikse reënval van slegs 125 mm en verlede jaar net 57 mm reën , is dit uitdagend om die
12 MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025