LANDBOU
LANDBOU
6 .
6 . Gervann wys hoe die binnekant van ’ n pekanneut lyk .
was egter later in die seisoen ’ n groot nadeel , omdat die meeste predatore , soos wespe en boomskilpadjies , ook gevrek het . Dit het gevolglik tot groot druk van witluis later in die seisoen gelei . Jy kan nie veel aan bolwurm doen nie en moet maar die skade probeer absorbeer . ’ n Vriend het die berekening gemaak dat , hoewel hy R70 000 se chemiese middels gebruik het om dit te bekamp , dit steeds beter was as om
R2,5 miljoen op sy hele oes te verloor .
“ Die bolwurm maak ’ n gaatjie in die vruggies nadat die wyfiemot haar eiers op die blare in die boonste derde van die boom gelê het . Wanneer die larwe uitbroei , is dit omtrent 2,5 mm lank . As dit gesteur word , spin dit ’ n sydraadjie en gly daarmee af na die volgende blaar . Wanneer dit weer rustig is , klim dit terug teen die draadjie op , maar andersins
MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 55