MARKtoe! Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 122 | Page 101

LANDBOU bestuur .

LANDBOU bestuur .

“ Ons grondverskuiwingsbesigheid het die boerdery voorafgegaan , en ek was daarby betrokke . Toe die staatsubsidies in 2014 gestop is , het ek en my pa weer boerderygrond gekoop waarop drie blokke pekan-neute en lusern was . In 2015 het ons die lusern tot niet gemaak en die res van die grond ook met pekanneute beplant .”

Volgens Gervann is die pekanneutbedryf interessant , met talle veranderlikes wat inspeel op die produksie .

“ Pekanneute word gewoonlik in September geplant , en ons gebruik tussen 2- en 3-jaar-oue stokkies , wat ons uit die Piet Retiefomgewing kry , om ons boorde te vestig . Ons het die grond as ’ n gevestigde boerdery gekoop , en die bome is nou tussen 15 en 22 jaar oud . Daar was rof-weg 2 500 boompies , met ’ n klompie surplusbome wat ons geïnterplant het met ’ n spasiëring van 10x10 m .

Die nuwe bome plant ons op spasiërings van 10x5 , 6x12 of 8x10 m , afhangend van die kultivar en die grond . Daar is dus verskillende modelle waarvolgens produsente aanplantings doen , en dit word beïnvloed deur verskeie faktore .

As jy jou bome klein wil hou , kan jy dit op 8x10 m plant , wat sowat 130 plante per hektaar gee . Dit gaan oor die plantdigtheid en hoeveel druk op die bome geplaas word . As jy gemiddeld 3 t – 4 t / ha wil oes , is goeie middellyn-spasiërings van 12x10 of 10x10 ideaal , aangesien dit die bome goed laat dra .”

“ Ons opbrengs is onge-

MARKtoe ! Desember 2024 / Januarie 2025 5