MARKtoe! DESEMBER 2022/ JANUARIE 2023 Uitgawe 100 desember 2022/ Januarie 2023 | Page 25

ADVERTENSIE ARTIKEL

Waar daar water is , is daar lewe , waar daar lewe is , is daar hoop …

Vroeg in die 1990 ’ s groei Aquadam vanuit die swembadindustrie toe Gert van Lochem destyds boere begin help om lekkende plaasdamme reg te maak . Water is op stuk van sake die lewensbloed van enige boerdery . Aquadam het oorspronklik plaasdamme van gunnite ( beton ) gebou , maar het intussen onder leiding van Gert se seun , Ronald van Lochem , die ontwerp , vervaardiging en oprigting van staaldamme verfyn .
‘ n Groot reeks staaltenks word tans vervaardig en gebruik in bedrywe soos die landbou en akwakultuur , mynbou , vervaardiging , infrastruktuur vir munisipale water , asook in brandvoorkoming . Ronald se visie het gevloei van ‘ n klein stroompie na ‘ n groot rivier . Vandag kan Aquadam se tenke regoor Suid-Afrika en Afrika gesien word waar dit gebruik word in landelike , kommersiële en industriële areas . Aquadam se wye produktereeks voorsien op effektiewe wyse in byna alle waterbergingbehoeftes .

We help you SAVE water for FUTURE generations gemineraliseerde water , hantering van munisipale slyk , anaerobiese vertering , en baie ander toepassings .

Aquadam se FireTank is ‘ n Zincalume tenk met n PVC liner . Die tenks is ontwerp om moeilike toestande te weerstaan omdat die kliënt daarop moet kan staatmaak in ‘ n brandsituasie . Versekeringsmaatskappye dring al hoe meer aan dat pakhuise toegerus word met brandsisteme wat natuurlik gebergde water op terrein vereis . Die FireTank voldoen aan alle vereistes wat deur die brandindustrie vereis word en gee gemoedsrus dat jou bates beskerm is .
Die AgriDome koepeldak PVC skuiling is ideaal vir voerkrale asook die tydelike berging van graan of ander produkte . Dis onwerp dat daar nie pilare is wat die vrylike beweging van diere en masjienerie beperk nie . Die AgriDome bied skaduwee , natuurlike lig en ventilasie om jou bates teen die elemente te beskerm . ‘ n Ekonomiese opsie om te oorweeg wanneer groot onderdak ruimtes benodig word .
Dit staan soos ‘ n paal bo water ! Aquadam het al die harde werk gedoen sodat jy nie hoef nie ! Elke produk is ontwerp volgens die nuutste ingenieurspesifikasies- en praktyke sodat daar in die kliënt se behoeftes voorsien kan word .
Aquadam wil help om die wêreld ‘ n beter plek te maak en doen hul leuse gestand : “ We help you save water for future generations .”
Vir navrae kontak ons by 086 100 10 10 of e-pos sales @ aquadam . co . za
Celebrate hope
Vir die landbouers skop die reeks af met die Smart Tank Express , ‘ n selfdoeninstallasie wat spesifiek ontwikkel is met die landbouer in gedagte . Dis maklik om die dam self op te rig met behulp van gewone handgereedskap en is ‘ n belegging wat baie jare lank benut kan word .
Die Smart Tank Extreme is ‘ n tenk van hoë gehalte wat gebou word volgens die kliënt se spesifikasies . Dit is ideaal as beproeiingsdam by spilpunte aangesien die staaldak verdamping beperk . Stoorkapasiteit wissel vanaf 13 m ³ tot ‘ n allemintige 3,260 m ³. Die Smart Tank Extreme word deur een van Aquadam se professionele oprigtingspanne opgerig wat uitstaande gehalte verseker .
Die styvolle HomeTank is ‘ n praktiese reënwatertenk vir die huis . Om sonder krag te moet klaarkom is ‘ n beslommernis , maar om sonder water te sit is ‘ n nagmerrie ! Maak voorsiening teen wateronderbrekings met ‘ n HomeTank van Aquadam .
Waar aggressiewe vloeistowwe hanteer word soos in die wyn- of kunsmis bedryf , is die RhinoTank ideaal . Sterker as tradisionele tenke word die Rhino Tank van PosMAC vervaardig en met ‘ n epoksielaag beskerm volgens die kliënt se behoeftes . Die tenk is hoogs korrosieweerstandig en geskik vir ‘ n wye reeks toepassings wat insluit
Verskaf die name en kontakbesonderhede van 3 kontakte wat ‘ n watertenk benodig per e-pos aan charl @ aquadam . co . za
Die 1ste persoon wie se aangestuurde kontak ‘ n Aquadam produk koop van meer as 20,000l , staan ‘ n kans om ‘ n Home Tank te wen !
Die kompetisie sluit 31 Januarie 2023
Bepalings en voorwaardes geld :
• Slegs inwoners van die Wes- en Noord- Kaap kan deelneem .
• Werknemers van Aquadam en hul onmiddellike familie kan nie deelneem nie .
• Die beoordelaars se besluit is finaal .
• Die wenner sal op 20 Februarie 2023 aangekondig word .
• Die wenner se foto sal op sosiale media en Aquadam se webtuiste gepubliseer word .