IN EN OM DIE HUIS
Ons is almal uniek en ons hou daarvan om verskillende dinge te
doen, maar dit maak ’n piekniek selfs meer pret. Elkeen kan hul eie inset
oor die kos en die plek lewer. Lees verder en ontdek hoe jy ’n piekniek
maklik in ’n spesiale geleentheid kan verander.
As Suid-Afrikaners is ons bederf met pragtige bestemmings,
vriendelike mense en sorgelose somervakansies. Jy kan eenvoudig
aanlyn gaan soek en jy sal vind. Daar is menige plekke om te besoek om
’n piekniek te hou. Afhangende van watter tipe mens jy is, het jy veel om
uit te kies: langs die see, in die berge of ’n park, tuis of selfs tydens ’n
visvang-naweek.
Piekniek by die SEE
Baie besoekers aan die Kaap gaan daagliks strand toe. Maak seker jy
is voorbereid en dat jy die nodige piekniek-kombers, strandsambreel
en bybehore vir die strand gereed het. Dit is selde windstil in die Kaap
en dit is nodig dat jy vir enige weerstoestand voorbereid moet wees.
Die regte toerusting sal sorg dat jou piekniek by die see glad verloop.
Maak seker dat die koelhouers wat jy saamneem stewig en dig kan
toemaak, want ’n mens wil nie hê daar moet sand op jou kos beland nie.
Die Coleman se kombinasie-toerusting is perfek vir ’n dag by die strand
omdat alles deeglik toegemaak kan word wat verhoed dat daar nie te
veel sand in die koelhouer of waterhouer kom nie.
Piekniek in die PARK
’n Piekniek in die park is in baie mense se opinie waar die idee van
piekniek vandaan kom! ‘n Kombersie en piekniekmandjie is die ideale
manier om ‘n pragtige sonsondergang saam met vriende of ‘n geliefde
te aanskou.
‘n Kombersie en piekniekmandjie is die ideale
manier om ‘n pragtige sonsondergang saam
met vriende of ‘n geliefde te aanskou.
Coleman Cooler 54QT Combo - R1399
Includes a 51.1L cooler box, 4.7L 6-can cooler and a 1.3L jug.
Produkte by jou naaste Agrimark beskikbaar teen spesiale
afslagpryse tot 24 Desember 2018.
Piekniek in die BERG
’n Gier wat in ons land ontplof het, is bergklim en ander fiks-bly
aktiwiteite soos bergfiets- en berghardloop-geleenthede. Wat ’n gulde
geleentheid om piekniek te hou! ‘n Groot koelteboom in die berge is die
perfekte plek op ’n warm somerdag. Daar is verskeie piekniekplekke
en sommige van hulle het selfs plek vir ‘n braai! Wees net versigtig en
maak seker dat jou vuur ná die tyd heeltemal geblus is. ’n Koelhouer kan
gebruik word om ys en ander kos in te stoor. Die Romer-koelhouer het
selfs ’n proppie om die water te dreineer as die ys begin smelt. Indien
jy nie seker van sitplek is nie, kan jy ’n paar opslaanstoele saamneem!
Romer Cooler Box 65L - R1899
Sea to Summit Tek Towels Large - R250
each
Produkte by jou naaste Agrimark beskikbaar teen spesiale
afslagpryse tot 24 Desember 2018.
Deesdae word daar baie buitelugkonserte gehou en almal kan hul
eie piekniektoerusting saamneem. Musiek, kos en ’n kombers om op te
lê – wat ’n heerlike vooruitsig! By sommige parke kan jy selfs jou honde
saamneem. Dis nuttig om jou eie piekniekstel op te bou met messe-
goed, borde, bekers, glase en ander items wat vir jou belangrik is. Die
Bushtec-mandjie is toegerus met alles wat jy nodig het vir ’n gesin van
vier – jy hoef net die kos by te sit. Dit werk ook wanneer julle die lang-
pad aandurf en daar padkos ingepak moet word. Hou altyd ’n koffiefles
met kookwater en ’n jammerlappie byderhand om alles wat jy gebruik,
ná die tyd af te spoel of af te vee.
Bushtec 4 Person Picnic Basket - R1199
Produkte by jou naaste Agrimark beskikbaar teen spesiale
afslagpryse tot 24 Desember 2018.
MARKtoe! Desember/Januarie 2018/19 47