MARKtoe! DES / JAN 2018/19 | Page 20

IN2AGRI Tegnologie bied opwindende geleenthede in landbou Landbou is nie meer net ’n plaas nie. Dit bestaan eerder uit ten volle geïntegreerde sake-ondernemings wat menige wyer aspekte, insluitend logistieke en betalingstelsels, ʼn vereiste kundigheid oor wêreldhandel en ʼn diepte kennis oor wat die verbruiker werklik wil hê. Teks: Verskaf deur MediaVision Met die bedryf wat hom in ʼn uiters komplekse omgewing bevind, is dit bestem om kort voor lank op alle gebiede verder deur tegnologie ontwrig te word. Met die bedryf wat hom in ʼn uiters komplekse omgewing bevind, is dit bestem om kort voor lank op alle gebiede verder deur tegnologie ontwrig te word. Só het Norman Celliers, uitvoerende hoof van Zeder Investments, onlangs by Kaap Agri se In2Agri-seminaar in die Paarl gewaarsku. Hy is egter van mening dat rolspelers nie hiervan moet wegskram en bang wees vir tegnologie nie. Dit bied ook wonderlike geleenthede. “Terwyl tegnologie die landbou en agri-besighede teen ʼn vinnige pas transformeer, moet die bedryf geleenthede daarin sien en dit omarm om sodoende relevant te bly,” meen hy. “Daar word voorspel dat daar teen 2025 sowat 30 miljard soge- naamde “smart” gekoppelde toestelle sal wees. Baie aktiwiteite wat tans deur mense verrig word, gaan binne 15 jaar deur robotte en kuns- matige intelligensie oorgeneem word,” het hy gesê. “Die groot vraag wat landbouers hulle moet afvra, is: ‘Hoe posi- sioneer ek myself vir so ʼn toekoms?’ het hy verder verduidelik.” Die verwagting is nietemin ook dat die landbou een van die belang- rikste sektore wêreldwyd sal bly en in die volgende 15 jaar verder sterk sal groei. Te midde van ʼn sterk aanwas in die wêreldbevolking, sal die vraag na voedsel ewe sterk groei. Terwyl tegnologie en sosiale media ʼn oorweldigende invloed gaan hê, bied dit ook groot geleenthede. “Een van die grootste ontwrigtings deur tegnologie vir die landbou gaan die uitskakeling van die tussenganger wees, soos reeds in menige bedrywe die geval is. Indien jy egter ʼn produsent is wat iets tasbaar en substansieel het om aan te bied, behoort jy nog vir lank relevant te wees. Maak net seker jy het gepaste toegang tot die eindverbruiker.” “Die sleutel sal wees om produk en diensgehalte deurlopend te verhoog en tegnologie te gebruik om die volhoubare aanwending van PLOEG IS 'N 7 LETTER WOORD. En daardie 7 letter woord is Willard. Wanneer die ryk aarde voorberei word vir saad wat sal ontkiem in voedsel vir die nasie, het jy 'n betroubare battery-vennoot nodig. Die krag van die tegnologie in elke Willard Battery verseker dat Suid-Afrika se 12.5 miljoen hektaar landbougrond bly bewerk word . Willard. Die kragwoord vir vooruitboer. Beskikbaar by jou naaste willard.co.za