MARKtoe! DEC 2021 JAN 2022 | Page 7

’ N EIESOORTIGE LEEFSTYL !

Helderberg Village is meer as 30 jaar gelede gevestig en het sedertdien ontwikkel in een van die mees gesogte en luukse aftreeoorde in Suid-Afrika . Die gewilde oord is geleë teen die hange van Helderberg in Somerset-Wes , tussen wêreldberoemde wynlandgoedere , 20 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en verskeie winkelkomplekse , asook naby die mooiste strande .
Helderberg Village is ’ n finansieel stabiele deeltitelskema en bied die volgende :
• Luukse 1- , 2- en 3-slaapkamerwonings gesetel tussen pragtige tuine en damme ;
• Puik gesondheidsorgdienste is beskikbaar en die gemoedsrus van mediese hulp in geval van nood met die druk van ’ n knoppie ;
• 24 Uur-sekuriteit met streng toegangsbeheer verseker gemoedsrus ;
• ’ n Negeputjie-gholfbaan , kroketbaan , rolbalbane , vier swembaddens ( waarvan een verhit is ), tennisbane en 9 km veilige wandelpaadjies is van die verskeie fasiliteite wat die oord so gewild maak ;
• Die klubhuis bied , onder meer , ’ n restaurant , kafee , OTM , haarsalon , gimnasium asook ’ n oefenlokaal waar dans- , oefen- en ander klasse aangebied word ;
• ‘ n Omvattende biblioteek met talle boeke , DVD ’ s en ander items ;
• Vir die kunssinniges is daar ’ n studio en pottebakkery ;
• Baie gevestigde klubs bied gereelde interessante sosiale byeenkomste vir inwoners ; en
• ’ n Veselnetwerk voorsien hoëspoed-internet in elke wooneenheid .
Kom ontspan en geniet die leefstyl waarna u nog altyd uitgesien het . Besoek gerus ons webwerf www . helderbergvillage . org . za vir meer inligting .
Telephone : + 27 ( 0 ) 21 855 8335 | Email Sales : sales @ helderbergvillage . org . za | Email Rentals : rentals @ helderbergvillage . org . za SOMERSET WEST / WESTERN CAPE / SOUTH AFRICA