MARKtoe! AUGUSTUS 2023 Uitgawe 107 | Page 16

LANDBOU

diagonaal afwaarts beweeg soos in die geval van ʼn geploegde landery . 3 . ʼ ’ n Lewendige wortel in die grond is van kardinale belang . “ Dit geld 24 / 7 / 365 . In die veld word plante bruin , maar vrek mos nie . Want die wortels is lewendig en die mikrokosmos is aan die gang onder die grond ,” verduidelik hy .

4 . “ Diversiteit in die natuur beteken daar is nie bloot een grasspesie in die veld nie . Daar is 100 tot 120 verskillende spesies . Die een plant doen dit en die ander dat en saam vorm hulle ʼn gesonde geheel .”

5 . Lewende hawe . “ Daar is mos uiteraard diere in die natuur . Vir twaalf jaar het ons geen beeste aangehou nie , want ek het geglo hulle gaan die grond vas trap . Toe sien ons egter die lig en bring beeste in en hulle is , soos ek voorheen gesê het , ʼn uiters belangrike komponent met betrek-king tot herlewingslandbou . Hulle vreet die dekgewasse en stimuleer die hergroei daarvan sodat daar meer koolstof in die grond kom ,” beduie hy .

“ Ons plant sewe – of ʼn sevenway mix – wat bestaan uit verskeie grasse , radyse , rape en peulplante .”

Dekgewasse is die fondasie van herlewingslandbou .

En só word die natuur tot die voordeel van mens , plant en dier nageboots .

4 MARKtoe ! Augustus 2023