Om hierdie mylpaal te vier, nooi SABI produsente van regoor die land, veral in die Oos-Kaap, om by die SABI Kongres by The Sun Boardwalk Hotel, Gqeberha aan te sluit.’ n Spesiale produsenteprogram word op Woensdag, 5 Augustus, aangebied en fokus op praktiese onderwerpe wat produsente daagliks raak. Produsente sal ook die geleentheid hê om direk met kundiges, ontwerpers, verskaffers en ander produsente te gesels.
" Die beste manier om jou besproeiing te optimaliseer en water te spaar, is deur SABI-lid te word."
Die kongres bied verder’ n uitgebreide uitstalling van die jongste produkte, toerusting en tegnologie in die besproeiings- en waterbedryf. Dit gee produsente die ideale geleentheid om nuwe idees te sien, vrae te vra en praktiese oplossings vir hul eie plase te ontdek.
SABI sal binnekort’ n spesiale uitnodiging aan produsente uitstuur met volledige besonderhede van die produsenteprogram en registrasie. Produsente word aangemoedig om dié uitnodiging dop te hou en vroegtydig te registreer om seker te maak hulle mis nie hierdie besondere geleentheid om deel te wees van SABI se 50 jaar van uitnemendheid nie.