MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Seite 98

ADVERTENSIE-ARTIKEL
ADVERTENSIE-ARTIKEL

sal ons help om die regte mense te lok, veral in tegniese posisies.”

Roelf Pienaar, besturende direkteur van Tru-Cape, waarin Two-a-Day 50 %-belang het, het die onderneming geluk gewens met hul nuwe status.

“ Dis belangrik om aan ons 105 internasionale markte te wys ons gehalte appels en pere word op etiese wyse geproduseer en verpak, onder billike werkstoestande in’ n veilige, inklusiewe omgewing.”

“ Dis belangrik om aan ons 105 internasionale markte te wys ons gehalte appels en pere word op etiese wyse geproduseer en verpak, onder billike werkstoestande in’ n veilige, inklusiewe omgewing wat waarde heg aan’ n voortdurende leerproses. Ons is ook opgewonde oor Twoa-Day se potensiaal om as werkgewer van keuse geag

50 MARKtoe! April 2025 te word. Dit sal ons help om talentvolle mense te lok saam met wie ons uitsonderlike resultate kan behaal.”

Doelwitte vir 2025

Dimitri sê Two-a-Day se volgende doelwit is om as een van die top-20 werkgewers in Suid-Afrika aangewys te word en só deel te raak van’ n uitgesoekte groep maatskappye wat Vodacom, Unilever, Absa, Chep en Coca-Cola insluit.

“ Ons wil in alle kategorieë verbeter en’ n algehele telling van 70 % behaal. Dit sal toewyding verg, maar dis vir ons belangrik.”

Hulle gaan veral aan leierskapsontwikkeling aandag gee en veranderinge aanbring in die digitale omgewing sodat werknemers en aansoekers die beste ervaring moontlik kry. Two-a-Day se positiewe gemeenskaps- en werkpekinisiatiewe sal ook wyer gekommunikeer word.

“ Ons hoop dit, en ander projekte, sal bydra daartoe dat Two-a-Day’ n aangenaame en voorkeur-werkplek vir talle mense is,” sê Dimitri.