MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 96

ADVERTENSIE-ARTIKEL

gemeenskap en dis goed om daarvoor erken te word.”

Hoewel tegnologie uiters belangrik is om internasionaal mededingend te bly, is mense steeds die hart van hul besigheid, sê Attie van Zyl, besturende direkteur van Two-a-Day.

“ Die akkreditasie beklemtoon dat Suid-Afrikaanse agribesighede ewe goed met ander bedrywe kan meeding wat indiensnemings-geleenthede en etiese standaarde betref. Ons het baie inisiatiewe in plek, en ons is veral trots op ons fabriekswerkers se aandeelhouding in ons sonkrag- en ander projekte.”

Deur Ratelberg Solar,’ n inisiatief wat in sy geheel deur Two-a-Day-werknemers besit word, spog die maatskappy met een van die land se grootste sonkraginstallasies op dakke. Werknemers is ook deel van

ADVERTENSIE-ARTIKEL

die Tru-Cape Trust, wat aan hulle’ n geleentheid bied om jaarliks dividende te verdien.

Lok nuwe talent

“ By Two-a-Day probeer ons om‘ n vervullende omgewing te skep deur die regte hulpmiddels en geleenthede vir groei en opleiding te voorsien. Ons bied beurse aan al ons werknemers en meet salarisse teen die nasionale gemiddelde via Deloitte,” sê Attie.

“ Ons heg ook baie waarde aan werknemerwelstand en sport. Ons het boonop’ n voltydse dokter, maatskaplike werker en sielkundige op die perseel om werknemers by te staan.”

Dimitri glo die sertifisering sal hulle help om nuwe talent te lok.

“ Mense wat dit oorweeg om by ons te werk, weet nou Two-a-Day is’ n goeie werkplek. Ook, Two-a-Day is in’ n groeifase en die sertifisering

MARKtoe! April 2025 49