MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 94

ADVERTENSIE-ARTIKEL
ADVERTENSIE-ARTIKEL

’ n Appel’ n dag, laat die werknemers lag

Elke sakkie Tru-Cape-appels uit die Elgin-vallei word geproduseer, verpak en bemark deur’ n maatskappy wat waarde heg aan hul werknemers – en die sertifisering het om dit te bewys.

In die hartjie van Grabouw produseer, verpak en bemark Two-a-Day jaarliks sewe miljoen kartonne appels en pere vir die uitvoermark, met’ n bykomende twee miljoen kartonne wat plaaslik verkoop word.

Dié onderneming, wat werk verskaf aan sowat 2000 mense, het vroeër vanjaar die eerste landboubesigheid in Suid-Afrika geword om as’ n top-werkgewer deur die Top Employers-instituut in Nederland gesertifiseer te word. Om dié status te verwerf, moet maatskappye aan die voorpunt van menslike hulpbron-praktyke wees.

“ Ons is’ n groot indiensnemer in ons klein gemeenskap, daarom is dit vir ons baie belangrik om te weet ons werknemers is gelukkig en ons standaarde wêreldklas. Elkeen wat by ons werk, speel‘ n belangrike rol in ons

48 MARKtoe! April 2025

onderneming,” verduidelik Dimitri Jacobs, groepdirekteur vir menslike hulpbronne by Two-a-Day.

Two-a-Day het die minimumvereistes om geakkrediteer te word, ver oorskry.

“ Ondernemings moet minstens 60 % behaal in die 255 areas onder evaluasie, en ons het 66.76 % gekry, wat uitsonderlik is,” vertel Dimitri trots.

“ Ons probeer altyd ons bes, maar die sertifisering bevestig dat ons op die regte pad is. As besigheid doen ons baie vir die mense in ons