MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Página 92

van netstrukture aangesien dit’ n groot impak op die koste van versekering sal hê. Al is netstrukture uiters duur, het dit soveel voordele en sal dit die moeite werd wees om te oorweeg, sê hy.

“ Uiteindelik moet ons uitvind hoe om vrugte van goeie gehalte te produseer. Ons wil nie te veel verskillende oeste hê wat aandag verg nie. Al is kiwivrugte’ n proefprojek, wil ons nie ons fokus en bestuur verswak nie.

Die antwoord is eenvoudig: goeie boerderypraktyke lei tot goeie wins.”