MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Seite 83

LANDBOU
LANDBOU

6.

6. Windskade is duidelik sigbaar in hierdie boord.

dat hierdie getal oor die volgende paar jaar aansienlik kan groei. Die Elgin-omgewing toon ook goeie potensiaal vir geelvrugvariëteite as gevolg van voldoende winterkoue, hoë humiditeit in die lente en droër somers.

Meeste van die groen kiwivrugte word na Suid- Afrika ingevoer.

Nuwe oeste, nuwe besigheid

“ Hierdie is’ n massiewe leerprojek vir ons aangesien ons, en tot’ n sekere mate die omgewing, nuut is tot kiwivrugproduksie. Dit is nie soos appelproduksie hier in Elgin waar appels op amper elke plaas geplant word nie. Daar is skaars iemand na wie jy toe kan gaan vir raad of net om uitdagings en onsekerhede te bespreek. Ons het nou egter bure wat ook kiwivrugte geplant het.”

Mike sê daar is histories groen kiwivrugte in die omgewing geplant, maar daar was baie probleme en produksie, behalwe op twee plase, het toe eintlik gestop.

42 MARKtoe! April 2025