Om deur die hekke van Windermere-plaas net buite Grabouw in die Elginvallei te ry, skep’ n gevoel van sereniteit, kalmte en vrede. Die vriendelike man wat na ons toe aanstap met’ n hand wat uitreik om die besoekers te verwelkom, is sekerlik die rede vir die atmosfeer wat op die plaas heers.
Mike Gates is’ n jong boer wat, saam met sy vrou en spanmaat, Roxanne, duidelike doelwitte gestel het, en dit is ooglopend dat hulle
vasbeslote is om dit een vir een te bereik.
Die raadsaal en kantoor’ n paar meter van die indrukwekkende wit dubbelverdiepinghuis met sy welige groen grasperk en pragtige tuin af, het’ n groot eetkamertafel, waar belangrike besluite gereeld geneem word. Die kantoorgebou is’ n opgeknapte Elgin-houthuis. Hierdie ou houthuise is goed bekend in die omgewing en dateer uit die middel 1900’ s. Hulle is gebou vanweë