MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 58

LANDBOU
LANDBOU

uitgebreek het. Dit het’ n reuse invloed op die winsgewendheid van’ n besigheid,” sê Neil.

Neil sê daar sal altyd uitdagings in enige bedryf wees. Dit hang net af van hoe dit bestuur word.

13. Pere word hier gesorteer volgens hul kleur.

13.

Fruitways, vennootskappe en pakplanne

Elgin Orchards se mikpunt is dat alle appels wat op die plaas geproduseer word, eindelik vir die uitvoermarkte bestem is.’ n Gedeelte word egter aan die sapfabrieke in Grabouw gelewer.

Dié appels word reeds in die boord uitgekies. Die res van die appels gaan na die pakstoor waar Fruitways dit verder hanteer, bemark en verskeep.

Elgin Orchards pak weer al Fruitways se meer as 40 produsente se pere. Die rede waarom Elgin Orchards die pere sorteer en verpak, is omdat Fruitways in 2016 nuwe sorteermasjiene aangeskaf het wat net appels kan hanteer. Die ou sorteermasjiene van Elgin Orchards kan weer die pere hanteer, en daarom word dit op die plaas in koelkamers gestoor, gesorteer en verpak. Fruitways hanteer die logistiek daarvan, van waar dit op die plaas opgetel en na markte versend word.

30 MARKtoe! April 2025