MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 56

LANDBOU
LANDBOU

“ Die voordeel van elektriese skêre is dat die snoeier aansienlik minder moeg raak, want hy druk net’ n knoppie. Die arbeiders kan dus meer as dubbeld soveel snoei. Arbeidskoste is vir ons’ n geweldige uitdaging omdat dit so dramaties gestyg het.” Verder meen Dirk dat kultivarsamestelling van net só groot belang is. Iets soos’ n Golden Delicious moet hoë opbrengste gee ten einde’ n wins te kan maak, want die prys is eenvoudig te laag. Dit moet minstens 120 t / ha lewer ten einde geld te maak en volhoubaar te wees.’ n Gemiddelde opbrengs op hoëdigtheid-appels sou wees 20 ton / ha op tweede blad, en om te mik vir 30 ton / ha op derde blad.

In 2022 en 2023 het pryse’ n moeilike vlak bereik. Dit was gelyk-staande aan die prysvlakke van 2017.

“ In 2022 het kunsmispryse tot 180 % gestyg. Dit het die hoogte ingeskiet nadat die oorlog in Oekraïne

12.’ n Werker in die verpakkingsaanleg verseker dat die pere volgens’ n kleurkaart vir verskillende markte gesorteer word.

12.

MARKtoe! April 2025 29