MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 47

LANDBOU
LANDBOU

6. 7.

6. Dirk Meyer, hier in een van die appelboorde, is sedert 2018 plaasbestuurder van Elgin Orchards. 7. Neil Reid is al sedert 2008 werksaam op die plaas, maar is sedert 2016 die algemene bestuurder van Elgin Orchards.

“ Ons probleem was om die Cornell Geneva-onderstam van ons keuse te kry. Die beskikbaarheid daarvan was vir ons’ n uitdaging en ons moes nuwe planne maak.”

“ Ons wil dus 100 % seker maak dat ons die regte onderstamme gebruik en wil meer in beheer van dié proses wees.”

Neil vertel hulle het geweldig gesukkel om van dié spesifieke, siektevrye onderstamme in die hande te kry.

“ Ons het ons bestellings geplaas, en wanneer dit

afgelewer moes word, is vir ons gesê dat daar nie genoeg beskikbaar was nie.”

Koppe is bymekaar gesit en planne is gemaak. In samewerking met Nigel en ander vennote word dié onderstamme nou uit weefselkultuur gekweek. Die onderstamme word in potte in tonnels geplant waar die klimaat en temperatuur beheer word. Binne nege maande vandat ons die weefselkultuur-plantjie ontvang het, het ons’ n boom wat geplant kan word.

24 MARKtoe! April 2025