9. Die proelokaal op Oak Valley is sewe dae’ n week oop.
wynmaker gemaak, maar in 2017 het hulle hul eie kelder op die plaas gebou.
“ Ons het besef dat wynbou verskeie areas dek en dat mens nie net kan fokus op een gedeelte van die produk nie. Daarom het ons in 2012’ n proelokaal gebou, wat later gevolg is deur’ n restaurant wat The Pool Room genoem was. Deesdae staan dit bekend as The Table at Oak Valley.”
“ Die wyn word 70 % plaaslik bemark en 30 % word na oorsese markte uitgevoer. Gewoonlik werk dit hier rond andersom( soos met
die appels en pere), maar dit is net hoe die besigheid verloop het. Ons poog om hierdie persentasie op’ n 50 / 50-verdeling te kry,” sê Christopher.
Oak Valley het drie wynreekse: die Discovery-wyne, Groenlandberg-wyne( die bergreeks wat deel is van die plaas), en dan die eksklusiewe Tabula Rasa. Die beste chardonnay en pinot noir gaan na die Groenlandberg-reeks, terwyl Tabula Rasa volgens die etikette beskryf word as meer“ geeky, single cloned and single vineyard”. Elkeen val in sy eie prysklas.