MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 22

LANDBOU
LANDBOU

6. 7.

6. Oak Valley Flowers is die grootste verskaffers van snyblomme in die Wes- Kaap. Verskeie blomsoorte word hier gekweek. 7. Altesaam 17 ha is onder snyblomme op Oak Valley. Die blomme word onder meer in hierdie outomatiese klimaatbeheerde glaskweekhuis gekweek.

gebruik word.

Christopher sĂȘ hul langtermynverhoudinge met oorsese plant-kwekers dra daartoe by dat hulle toegang het tot die nuutste kultivars wat op die mark kom. Die blomme word gekweek in kweekhuise, skaduhuise en in die oopte op altesaam 17 ha. Die plaas spog ook met die eerste ingevoerde glashuis wat outomaties die klimaat reguleer. Tussen 40 en 50 verskillende tipes blomme word gekweek. Altesaam 70 % van die blomme wat meestal gekweek word, is die Chrysanthemum, Alstroemeria en verskeie soorte lelies wat heeljaar blom. In die winter is die lelies in die kweekhuise, en in die somer word sommiges buite gekweek. Die ander 30 % is meestal seisoenale blomme.

Die kweekhuise het permanente werkers wat sorg dat die blomme onder die optimale toestande groei en moet seker maak dat die blomme genoegsaam water

12 MARKtoe! April 2025