Die lang laning wat mens inry na die plaas Oak Valley net anderkant Grabouw se stasie, is amper so lank soos dié geskiedkundige plaas se interessante storie. Dié bekende plaas is al meer as’ n eeu lank in die Rawbone- Viljoen-familie se besit. Dr. Antonie Viljoen, een van tien kinders, het in 1898 die plaas gekoop vir £ 4000. Sy vriende het hom gespot oor die“ stuk braak suurveld” wat hy gekoop het, wat geen belofte ingehou het nie.
Hy was’ n mediese dokter wat, kort nadat hy die plaas gekoop het, opgeroep is om diens te doen in die
1. Christopher Rawbone-Viljoen is die vyfde geslag op Oak Valley Estates en is op 41-jarige ouderdom die besturende direkteur van die besigheid. 2. Carissa Moutsouyannis is Oak Valley Wines se bemarkingsbestuurder. Hier staan sy tussen die pragtige blomme in die kweekhuis op die plaas.