In hierdie vallei en sy omliggende gebiede groei nie net appels, pere en kiwivrugte nie, hier floreer ook’ n nuwe gene- rasie van produsente wat hul bedrywighede met strategiese denke, tegnologiese vooruitgang en’ n diep respek vir die natuur aanpak. Dis nie meer net ou plaaspaaie en bekende kultivars nie – dis slim tegnologie en vars idees wat produksie hier dryf. Die een ding wat hulle almal deel?’ n Geloof in wat die grond kan teruggee as jy reg daarmee werk.