MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Página 110

LANDBOU
LANDBOU

6.

6. Dit is bedrywig op Remhoogte waar verpakkingsmateriaal na die pakhuis aangery word.

Remhoogte self beheer, van produksie en verpakking tot verkoeling en bemarking. Op die plaas word elf appelkultivars en een peerkultivar verbou.

“ Ons beplan om oor die volgende vyf jaar’ n totaal van 400 ha appels en pere aan te plant. Ons is bevoorreg om genoeg grond en water te hê om hierdie groei moontlik te maak. Dis waarna ons mik.”

“ Nuwe aanplantings sluit onder andere Flash Gala, Bingo Gala en Cripps Red in.

Só probeer ons risiko versprei en terselfdertyd nuwe genetika aanwend wat beter raklewe en kleur meebring. Ons stel markontwikkeling voorop, sodat ons jaar op jaar beter opbrengste kan verseker. Dit lei weer tot sterker resultate op die paklyn en maak dit moontlik om groter volumes uit te voer.”

“ Ons hanteer uitsluitlik ons eie produk. Omdat ons self verpak, verkoel en uitvoer, is ons meer kompe-

56 MARKtoe! April 2025