MARKtoe! April 2025 - Uitgawe 125 | Page 104

LANDBOU
LANDBOU

3.

3. Duisende kartonne appels word daagliks in die verpakkingsaanleg verpak. Altesaam 1,5 miljoen ekwivalente kartonne( van 12,5 kg) word in’ n seisoen hier verpak.

dorpie Grabouw in die Wes- Kaap.

Die besigheid soos dit vandag bekendstaan, Remhoogte Boerdery Vennootskap, het’ n oorgang ondergaan nadat Oom Wynand in 1993, op die ouderdom van 71 jaar, oorlede is. Sy bates is in’ n trust geplaas.’ n Bestuurspan, tesame met trustees en direkteure, is aangestel om die besigheid te bestuur tot waar dit vandag staan.

Altesaam 340 ha appels en pere word op die twee plase, Remhoogte en Somersfontein, geproduseer. Die plase lewer indrukwekkende oeste wat jaarliks amper 1,5 miljoen kartonne( 12,5 kg elk) moont-lik maak. Lande soos die Verenigde Koninkryk, Nigerië, Maleisië, Kanada en China is van hul belangrikste uitvoerbestemmings.

Thys Blom, die besturende direkteur van Remhoogte, vertel dat kommersiële boerderye talle uitdagings in die gesig staar, maar dat hul geheim juis lê in die holistiese wyse waarop die

MARKtoe! April 2025 53