LROosglansEastglam_ Volume 02 Maart_April | Page 27

Upcoming Events / Gebeure op jou drumpel Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) bied vanjaar saam met die Afrikaanse Hoër Seunskool (AHS) Walt Disney se Beauty and the Beast aan. Ons het by die leerders gaan inloer en ’n paar vrae aan die hoofrolspelers gevra: Hoekom dink jy vind B & B soveel aanklank by alle ouderdomsgroepe? Jeanie Middel as Belle, die nimlike Beauty: “B & B is vol wonderlike, snaakse karakters. Dis ’n liefdesverhaal waarin spelers hulself vind, en dis ook vol humor.” Nicolas du Plessis as Monsieur d’Arque, hoof van die malhuis, die Maison de Lunes: “Die meeste mense ken die storie van B & B, een van die mees geliefde kinderverhale.” Wat is die lekkerste van jou rol? Ruan van der Merwe as Beast en natuurlik ook die prins: “Om op almal te skreeu.” Nicolas du Plessis: “Om Monsieur d’Arque as een van die antagoniste van die musiekspel te vertolk en sy vreemde eienskappe voor te stel.” Kian Kunz (Chip), die teekoppie: “Dis ’n geliefde karakter in die storie en almal dink ek is ‘cute’.” Jana Smit (Mrs Potts), die teepot: “Ek sing die temalied ‘Beauty and the Beast’ en geniet die oulike teepotkostuum.” Vertolk julle jul rolle makliker omdat julle mekaar reeds geruime tyd ken? Esri Cronje, Anneke van der Walt en Angie Vosloo (Silly girls) in ’n koor: “Ja, dit help ons om beter te ‘bond’.” Is dit pret om jou spesifieke rol te vertolk? Gareth Lubbe (Cogsworth), die hoof van die kasteel: “Dit is baie pret! Ek het baie vriende gemaak en dis lekker om jou in te leef in jou rol.” Leila de Villiers (Madame De La Grande Bouche), die klerekas: “Dit is vreeslik lekker om die rol te vertolk, maar ook ’n uitdaging.” Janilna Purchase (Lumière), ’n sjarmante chauvinis: “Verseker! Dit voel nie soos werk nie. Heeltyd speeltyd!” Wat is jou eerste herinnering van die verhoog? Jonathan Britz (Le Fou), Gaston se “sidekick”: “My laerskool se revue-optredes in die Staatsteater.” Richard Jansen (Gaston), baie aantreklik: “Toe ek gebore is, want Shakespeare sê die lewe is ’n verhoog.” Die ikoniese Beauty and the Beast word in die Staatsteater opgevoer. Voor: Lohan Senekal, Gareth Lubbe, Jonathan Britz, Kian Kunz, Vian Grobler, Nicolas du Plessis, Richard Jansen en Ruan van der Merwe. Agter: Jana Smit, Jeanie Middel, Inge Breytenbach, Leila de Villiers, Anke Odendaal, Janilna Purchase en Angelique Vosloo. Heel agter: Anneke van der Walt en Esri Cronje. Het jy weer na Beauty and the Beast gekyk voor jy jou voorberei het vir die rol? Anke Odendaal (Madame De La Grande Bouche), die klerekas: “Ja, ek het die fliek weer ’n paar keer gaan kyk.” Julle gaan die produksie in die Staatsteater opvoer, hoe voel julle daaroor? Inge Breytenbach (Babette), die verestoffer: “Ek is op­ gewonde oor die Staatsteater. Die verhoog gee jou ’n gevoel soos niks anders nie.” Jana Smit (Mrs Potts), die teepot: “My maag draai behoorlik as ek daaraan dink!” Maart/April 2016 / March/April 2016 Oos East lans lam Oos lans 27