Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Page 2
Die graad 8-leerders
Deur Tanika Thiart
Ek kan nog daardie dag
onthou toe dit tyd was om
ons eerste tree op die
Hoërskoolterrein te gee.
Dit was ‘n ervaring op sy
eie veral toe ons nie soos
die res van die leerders
geklee was nie.
Om ‘n nuweling in die
Hoërskool Grens te wees,
beteken meer as om net
teenwoordig te wees. Dit
verg toewyding en harde
werk, want hoe kan enige
iemand verwag om groot
te begin en met sukses te
eindig?
Die graad 8’s van 2019 was
braaf en opgewonde oor
die eerste kwartaal en res
van die jaar wat vir hulle
voor lê.
Ongelukkig werk dit nie
so nie. Elkeen begin klein
en vorder tot sukses. Met
die regte mindset, soos
wat ons tieners sou sê, sal
jy baie vêr in die lewe kom.
Met die leerlingraad en
onderwysers wat hulle
onder hul vlerke geneem
het, het die ervaring van
nuwelinge in die skool
wees, pret geword.
Ek wens die graad 8’s alle
voorspoed en geluk vir
die reis van 2019 toe. Dit
was ‘n eer om julle aan ons
skool bekend te stel.
1