Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 7

matrieks matrieks se toekomstige planne Tanika Thiart Matrieks, die jaar raak korter; dit is amper tyd om die grootmenswêreld te betree. Beroepe is van uiterste belang en daar is soveel om van te kies! Hier volg van ons matrieks se beroepskeuses en die inspirasie asook interessante feite daaroor. Sherine van Zyl beplan om volgende jaar plastiese chirurgie te gaan studeer. Dit is vir haar belangrik om ’n verandering in iemand se lewe en voorkoms te kan maak. Volgens Sherine voel sy dat dit baie belangrik is oor hoe jy jouself sien eerder as hoe ander mense jou sien. Sy glo dat dit die Here se manier is om haar te gebruik om ‘n verskil in iemand se lewe te maak. As dit kom by vure blus en lewens red, is Nikita Stadler die perfekte kandidaat! Nikita wil graag na skool ‘n brandweervrou word. ‘n Brandweerman/vrou is een van die vreeslose, braaftse mense wat jy sal ken. Sy voel die rede waarom sy op Aarde is, is om mense se lewens te red. Sy het ‘n passie om mense te help en wil na ’n skof huis toe gaan en weet dat sy haar eie lewe in gevaar gestel het om iemand anders s’n te red. Huisies bou en huisplanne teken, was nog altyd vir Hilde Steyl interessant en is nog steeds. Sy wil graag argitektuur na skool gaan studeer. “ Dit was my droom vandat ek en my ma die home channel begin kyk het! ”, sê sy. Om argitektuur te gaan studeer, behels hoë vereistes en sy probeer om dit te bereik. Net soos ons skoolwapen, Bou, motiveer dit haar om harder te werk! Mode-ontwerp, klere en skoene was nog altyd vir Erica Dreyer wonderlik. Sy wil graag na skool mode-ontwerp gaan studeer en geniet dit om nuwe dinge te skep. Het jy geweet dat die heel eerste modetydskrif in die jaar van 1586 gepubliseer is? Maurilize Geyer, een van ons drama-liefhebbers in die skool, wil graag haar passie vir drama verder beoefen en na skool drama gaan studeer. Drama is ‘n groot deel van haar lewe en sy geniet dit baie! Haar grootste droom is om Grens Hoërskool se eie Charlize Theron te word! Met regte, as haar tweede opsie, is sy deur middel van haar deelname aan die Moot Court-kompetisie geïnspireer. Tydens haar ondervinding by die Moot Court-kompetisie het sy besef hoe belangrik die regsberoep eintlik is. Daniël Schoeman, ‘n toekomstige bedrysingenieur, wil graag aan die NWU (Pukke) gaan studeer en ‘n bedryfsingenieur word. Die beroep bevat als waarvan hy hou, want hy is baie lief vir konstruksieverwante dinge en hoop vir die beste in die toekoms. Het jy geweet dat Bedryfsingenieurswese gaan oor beplanning, ontwerp, verbetering, meting en die beheer van bedryfstelsels? Om vroue mooi te maak en hulle lewens te verander, is een van Bernice Snyman se drome vir na skool. Sy wil graag by ‘n skoonheidskollege aansluit om haar kosmetiese diploma te kry en daarna wil sy drie jaar lank gaan studeer om ‘n somotoloog te word. Sy wil mense met gewigsprobleme, velprobleme en ander probleme help wat hulle lewens sal verander. Dan: die boere van die skool en spesifiek een boer met ‘n droom: Tommie Engelbrecht. Hy wil graag na skool oorsee gaan en daar gaan boer. Sy passie vir boerdery het ontstaan deur sy liefde vir die plaaslewe en die stilte wat daarmee saamkom. Sonder ons boere se skills kan ons nie klaarkom nie. Alhoewel ons ons eie gewasse kan probeer plant, dink julle dit gaan so lekker proe soos ‘n boer s’n? Sterkte aan ons matrieks met die lewe na skool. Mag als vlot verloop en julle drome realiteit word. Maak die beste daarvan!