Land n Sand Oct / Nov 2013 | Page 28

Ek is geneig om saam met komediant Dave Barry te stem toe hy gesê het: “Escargot is French for fat crawling bag of phlegm.” Pes, lekkerny en skoonheidskuur M Die slak se slymstreep is sodat hulle maklik oor enige terrein kan beweeg sonder om seer te kry. y ma was nog altyd ’n kranige tuinier asook verdelger van Helix aspersa (Cornum aspersum). Haar wapens: een of meer plastieksakkies en ’n bottel Cerebos sout. As kind het die groen-geel deurskynende slym met skulp hier en daar oral in plastieksakkies in die tuin rond gelê. My tuin het eers groen begin raak toe ek en my kêrel huis koop … die slakke begin my pla … spinasie, slaai, pragblomme, alles tot nuut … gate oral … slymstrepe wat hul nagtelike wandelinge verklap. Ek martel slakke in naellakverwyderaar in bottels. Voel skuldig oor die massamoord, veral omdat ek weet kos word vermors. Slakke bevat proteïene, yster, magnesium, fosfor, kalium én vitamien E, asook die spoorelemente kalsium, natrium en sinkoksied. Ons Suid Afrikaners eet nie die skulp bedektes nie … behalwe so een keer in ’n skrikkeljaar, en dan defnitief die vettes in ’n restaurant, heel moontlik Helix pomatia. Plaaslik is die meeste kokke maar stil oor slakke, maar in Europa is daar ’n lang tradisie van slak op die spyskaart. Wes Frankryk, Wes Afrika, Ghana, Nigerië en die Ivoorkus, is die vernaamste markte vir die slymeriges. In Franck Dangereux se boek, Feast at Home, is daar ’n hoofstuk oor die voorbereiding van slakke wat my beginpunt was, asook drie heerlike resepte. Sy proses verloop as volg. Vang hulle in die aand veral tydens of na dit gereën het. Hulle hou van koelte en donkerte. In die dag sal jy hulle in skadu areas teen mure, in potte, onder tafels en stoele kry. Ek het myne in ’n vistenk gesit met slaai en klam witbrood. Jy kan ook wortel, spinasie Slakke beweeg teen een millimeter per sekond.