Joanie Combrink, Chris van Niekerk,
Deon Lotz, Waldimar Schultz, Illse Roos
en Margit Meyer-Rödenbeck, bekend vir
haar Dowwe Dolla-karakter. Maar ons
het ook jong spelers soos Albert Pretorius en Roeline Daneel gebruik.”
’n Mond vol, en ’n vertoonkas van ons
beste akteurs en aktrises.
“Een van die groot voordele wat ons
met hierdie reeks gehad het, is dat ons
elke episode van begin tot einde klaargemaak binne sewe dae – dit was dus nie
nodig om tussen episodes rond te spring
nie,” sê Louis. “Vandag is dít ’n luukse,
en die akteurs geniet dit geweldig. Hulle
kan hulle in die rol inwerp en hulle karakter goed afrond. Dit bring ook inte
ressante karakterisering na die reeks.”
In dié sewe dae moes die span hard
werk om klaar te kry. “Ons het gesien
internasionale reekse wat in Suid-Afrika
verfilm word, skiet twee tot drie bladsye
van die draaiboek per dag. Ons skiet
tussen tien en twaalf om by ons skedule
te hou,” sê Albert.
BOLAND MOORDE 2 SPEEL AF op
Stellenbosch, in die Strand en op Somer
set-Wes. “Die produksiewaarde van die
nuwe reeks is baie hoër as die eerste
een,” sê Louis. “Én die omvang groter.”
“Die eerste reeks was as ’t ware ’n eksperiment,” sê Albert. “Ons moes kyk
of die konsep werk en of kykers van
die langer formaat hou. Dit is ook vyf
jaar nadat ons die eerste reeks gemaak
het, en ek en Louis het intussen elkeen
’n gesin van ons eie gekry, ander werk
gedoen én gegroei. Ek glo ons het meer
volwasse omgegaan met die nuwe reeks.”
Louis en Albert was ook verantwoordelik vir die gewilde Die Boekklub.
(Goeie nuus: In Maart 2017 begin die
verfilming van Die Boekklub 2.)
“Ek is klaar geskryf aan episode tien
en kan nog nie te veel vertel nie, behalwe
dat daar reeds baie in episode een
gebeur,” sê Louis.
‘Kykers moet die raaisel
geniet. Die reeks moet
jou uitdaag en laat
kopkrap. Ek glo ons het
dit reggekry.’
“En die nuwe reeks van Boland
Moorde is geïnspireer deur plekke wat
ons in die eerste reeks van Die Boekklub
gesien en by gewerk het,” sê Albert.
“Ons het byvoorbeeld in Die Boekklub
geskiet op ’n plaas waar daar baie troues
gehou word. Ons het so baie van die
plaas en die mense daar gehou dat ons
nie anders kon as om dit weer te gebruik nie – daarom is daar in die nuwe
Links Stian Bam, Ebby Weyime, Tinarie Van
Wyk Loots en Brendon Daniels op die stel
van Boland Moorde 2. Middel Louis Pretorius
(links) en Albert Snyman is aan die stuur
van sake by dié gewilde reeks. Regs Ebby
Weyime, Tinarie Van Wyk Loots, Nicole Holm
en Marlon Minnaar.
Boland Moorde ’n episode oor ’n groep
vroue wat troues reël... en dan is daar
’n moord.”
Die produksie van Boland Moorde 2
het in Mei vanjaar begin en daar is weer,
soos met die vorige reeks, regdeur die
winter geskiet.
“Daar was een toneel waar ’n ‘lyk’ in
’n veld gevind word,” vertel Albert. “Dit
was in die aand en baie koud. Die akteur
wat die ‘lyk’ was, moes sy asem inhou
omdat elke asemteug ’n wasemwolk bo
sy mond gemaak het!”
Wie gaan die nuwe reeks geniet?
“Ons probeer mense nie skok of
bangmaak nie,” sê Louis. “Kykers moet
die raaisel geniet. Die reeks moet jou
uitdaag en laat kopkrap. Ek glo ons het
dit reggekry.”
“Daar is beslis nuwe raaisels,” sê
Albert. “Ons het voor die tyd gedink
wat ons kan doen wat anders is – en
die situasies waarmee ons werk, is meer
uitdagend. Boland Moorde 2 is nie voor
die hand liggend nie. Ons glo dit gaan
kykers vasgenael hou.” >
Boland Moorde 2 Vanaf Dinsdag 14 Februarie 2017 om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144
2016 | UITGAWE 4 | kykNET
9