kykNET-GLANS
Wat ’n fees van flieks!
Die toekenningsaand by die Silwerskermfees was ouder gewoonte ’n glansaand
soos min. Die fees is by The Bay-hotel in Kampsbaai, Kaapstad, gehou.
Bo, van links Erica Wessels is aangewys as die beste aktrise in ’n kortfilm vir haar spel in Vlees van My Vlees; Christaan Olwagen het die toekennings as beste regisseur én beste draaiboek gewen vir Johnny is Nie Dood Nie; Christia Visser het die toekenning as beste aktrise gewen vir die
speelfilm Tess. Sy was ook te sien in die kortfilm Die Bok.
Onder Noem My Skollie
se Tarryn Wyngaard en
Dann-Jaques Mouton by
die toekennings. Noem
My Skollie is vir verskeie
Silwerskerm-toekennings
benoem en is ook Suid-Afrika
se amptelike inskrywing vir
beste rolprent in ’n vreemde
taal vir die Oscars in 2017.
6
Bo Karen Meiring, hoof van kykNET-kanale
by M-Net, en Yolisa Phahle, uitvoerende
hoof van M-Net, by die toekenningsaand.
Yolisa, wat al verskeie groot filmfeeste
reg oor die wêreld bygewoon het, sê die
Silwerskermfees is een van die bestes
waar sy nog was.
kykNET | UITGAWE 4 | 2016
Bo Drie spelers van Johnny is Nie Dood Nie is vir hulle
spel bekroon. Albert Pretorius is aangewys as beste
akteur, terwyl Illana Cilliers as beste vroulike byspeler
en Ludwig Binge as beste manlike byspeler bekroon is.