BOEKE
Die feestyd is leestyd
Die vakansie is hier – tyd vir luilekker dae met ’n boek op jou skoot. Hier is
’n stapeltjie boeke wat jy maar kan saamvat. Ons het ook ’n paar kykNETpersoonlikhede gevra wat hulle vanjaar gelees het en nog wil lees.
Die wenners van 2016 se kykNET-Rapport-toekennings
is in September bekend gemaak. Die prys vir fiksie het aan Alexander Strachan gegaan vir Brandwaterkom,
terwyl Carel van der Merwe met die niefiksieprys weggestap het vir Donker Stroom: Eugène Marais
en die Anglo-Boereoorlog. Die filmprys is gewen deur Jaco Jacobs vir ’n Goeie Dag vir Boomklim.
Lees hier wat resensente oor die wenboeke geskryf het.
Donker Stroom
“Die Groot Verlange van Leon
Rousseau staan onverminderd as
ikoniese boek oor ’n ikoniese figuur
(Eugène Marais). Wat nou verander
het, is dat jy nie Rousseau sonder
Van der Merwe kan lees nie. Dis
’n manjifieke stuk werk.”
– Frederik de Jager op Litnet
“Carel van der Merwe het hom met
hierdie boek bewys as ’n meesterlike spoorsnyer, selfs al het Marais
in sy latere lewe probeer om sy
pro-Britse spore dood te vee.”
– Daniel Hugo op Netwerk24
46
“Donker stroom is ’n vlot, fasetryke,
en gesofistikeerde teks wat die burgerlike gespreksruimte verruim en
dus ’n waardige wenner is van die
kykNET-Rapport-prys vir 2016.”
– Dr. Irma du Plessis in haar
commendatio by die toekennings
kykNET | UITGAWE 4 | 2016
Brandwaterkom
“In Brandwaterkom bring
Alexander Strachan nie net die
Anglo-Boereoorlog en die Grens
oorlog opwindend in een verband
saam nie, maar hy bring ook
oorlogtemas en die strukturele
eksperiment van sy hele oeuvre tot
’n nuwe verdieping. Die beoordelaars was dit eens dat hierdie
roman die hoogtepunt van sy
werk tot dusver is.”
– Frederik de Jager in sy commendatio
by die toekennings
“(Brandwaterkom) is in ’n gestroopte, toeganklike styl geskryf.
Dis ’n roman wat swaar dra aan
toespelings en verwysings oor
sowel die geskiedenis as die
skryfproses. Lees hierdie uitste
kende roman.”
– Joan Hambidge op Netwerk 24
’n Goeie Dag
vir Boomklim
“ ‘n Goeie Dag vir Boomklim
is ’n klein juweel met interessante
karakters wat kwessies soos egskeiding, vriendskap en die
randeiers van die gemeenskap aanraak.”
– Ilza Roggeband op Netwerk24
“Die beoogde kyker sal weer
eerste liefde beleef, rebellie,
konflik met ouers, tienerangs en
vervreemding. Ook ontwaking, dat
’n mens moet en kan opstaan en
baklei vir ’n boom, ’n saak waarin
jy glo. Ook wanneer om op te hou
baklei, ‘anders raak die baklei partykeer groter as die ding waarteen
jy baklei’. Die dialoog is vars en
eenvoudig maar evokatief, die humor net reg, die taal oorspronklik.”
– Gerrit Schoonhoven in sy
commendatio by die toekennings