kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 42

Ek en my gesin My ouers het by dieselfde skool gewerk en op fotodag het ons altyd ’n gesinsfoto laat neem. Ek was op Laerskool Heuwelland in Empangeni. Hierdie foto is in 1999 geneem. Berg Sinai in Egipte Gondel in Venesië Toe ek 23 was, het ek vriende gemaak met kollegas wat saam met my in ’n hotel in Southampton, Engeland, gewerk het. Ons het almal saam bedank en toe deur Europa gaan toer. Saam met my op die gondel in Venesië is Hannes de Kock. Ons het laatmiddag boontoe geklim en die aand op die berg geslaap. Die volgende oggend het ons die son oor die berge sien opkom. Dit was ongelooflik. Saam met my op die foto is Hector Vil­ joen, Elbe Griesel en Elizma de Klerk. REYNARD SLABBERT DIE WYE WÊRELD IN! Die aanbieder van Huis Paradys, Reynard Slabbert, is ook die nuwe veldaanbieder by Bravo!, en hy het al die wêreld vol gereis. Hy deel van sy reisfoto’s deur die jare met ons. Kinderhuis in Indië Wanneer jy by ’n kinder­ huis in Indië werk, kies ’n paar kinders ’n vry­ williger as hulle eie. Dit gebeur van nature. Elke keer wanneer jy by die deur uitstap, wag jou groep vir jou en daar is ’n kind wat elke vinger van elke hand vashou terwyl jy loop. Dit het my lewe verander. Sendingwerk in China Taj Mahal, Indië 44 Ek het in 2008 saam met The Global Challenge by ’n kinderhuis in Indië gewerk. Toe ons klaar gewerk het, het ons deur die land getoer. Ek wou nog altyd die Taj Mahal sien! kykNET | UITGAWE 4 | 2016 In 2008 het ek sen­ ding­werk in China gedoen, en van my take was om toilette skoon te maak. Dit het my getoets!