kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 39

Willem Botha Willem (29) is ’n sanger en akteur met drie albums en verskeie film-, verhoogen TV-rolle agter sy naam. Stephan van Huyssteen Die 28-jarige Stephan is in Pretoria gebore en getoë en was voorheen lid van die musiekgroep NRG. Deesdae hou hy hom besig in sy eie klankateljee. Wat is jou drie gunsteling-apps? iTunes vir musiek, Instagram vir foto’s en YouTube om kanale soos Screen Junkies se Honest Trailers te volg. Wat is die liedjie wat jy op die oomblik die meeste luister? Ek het nie ’n regtig in hierdie stadium ’n gunsteling nie. Wat is jou gunstelingmaaltyd? ’n Lekker gebraaide filet met bykosse. Wat is die drie kledingstukke wat jy vir ’n vakansie sal inpak? My sneakers, ’n kortbroek en ’n sonbril. Wie het in die somer ’n hemp nodig? Wat is volgens jou die opwindendste nuwe trend? Netflix. Ek sukkel om my daarvan weg te skeur. Op die oomblik haal ek nog in met Dexter. Watter land sal jy die graagste wil besoek en hoekom? Thailand. Ek hoor net goeie dinge en dis bekostigbaar. Én iets anders as Westers. Wat is jou drie gunstelingflieks? Al die Star Wars-flieks, Edge of Tomorrow en die Quentin Tarantino-treffer Pulp Fiction. Wat is jou gunsteling- elektroniese toestel? Die rekenaar waarmee ek werk, want dit is waar die magic gebeur. Wat is jou gunsteling- Afrikaanse woord? Karnallie. Wat is die woord wat jy die meeste gebruik? As ek moet eerlik wees, seker “okei”. Wat is jou idee van ’n lekker aand uit? Dinner en ’n movie. Wat is jou drie gunsteling-apps? Ek is mal oor fotografie en hou baie van Snapseed en Instagram. Dan ook GarageBand en CNN. Wat is die liedjie wat jy op die oom­ blik die meeste luister? Keith Urban se “Wasted Time”. Wat is jou gunstelingmaaltyd? Ek geniet ’n bord gekookte kos. Skaap­ boud, bruinrys, blomkool met witsous en pampoenpoffertjies. Wat is die drie kledingstukke wat jy vir vakansie sal pak? ‘n Swembroek, flipflops en ’n hoed. Wat is volgens jou die opwindenste nuwe trend? Ek het onlangs in Europa opgelet dat mense mooi tekkies dra by formele klere. Ek hou daarvan dat jy terselfdertyd gemaklik én formeel kan wees. Watter land sal jy die graagste wil besoek en hoekom? Turkye en Griekeland. Ek hou van die argitektuur en die kos. Wat is jou drie gunstelingflieks van alle tye? The Hundred-foot Journey, War Horse en Troy. Wat is jou gunsteling- elektroniese toestel? ‘n Canon 7D-kamera. Wat is jou gunsteling- Afrikaanse woord? Liefkoos. En pampoenpoffertjie. Wat is die woord wat jy die meeste gebruik? Ongelooflik. Jou idee van ’n lekker aand uit? Daar is niks lekkerders as ’n aand op die plaas van my ouers in Riversdal nie. Carla MacKenzie Carla (26) is ’n boorling van Stellenbosch, maar het twee jaar terug Johannesburg toe getrek. Wat is jou drie gunsteling-apps? Instagram, SnapChat en Twitter. Ek is bedrywig daarop en laai elke dag iets. Wat is die liedjie wat jy op die oomblik die meeste luister? Bouwer Bosch se “Sy Klink Soos Lente”. Wat is jou gunstelingmaaltyd? Popcorn. Ek maak dit self van die pitte in ’n kastrol, of, as ek ’n slegte dag gehad het, sommer in die mikrogolfoond. Wat is die drie kledingstukke wat jy vir ’n vakansie sal inpak? Plakkies, ’n kortbroek en ’n panamahoed. Wat is volgens jou die opwindendste nuwe trend? Apple Music. Daar is soveel goeie SuidAfrikaanse musiek wat jy kan aflaai. Watter land sal jy die graagste wil besoek en hoekom? Ek was 17 toe ons in Argentinië getoer het met die SA hokkiespan. Ek sal weer wil gaan. Ek dink ek sal nou groter waardering hê vir die ryke geskiedenis en ongelooflike argitektuur. Wat is jou drie gunstelingflieks van alle tye? Ballade vir ’n Enkeling, The Godfather – ek hou van ou flieks – en Forrest Gump. Wat is jou gunsteling- elektroniese toestel? My foon. Ek doen alles daarmee – van video-opnames tot die redigering van klankgrepe en natuurlik foto’s neem. Wat is jou gunsteling- Afrikaanse woord? Vir seker. Wat is die woord wat jy die meeste gebruik? Vir seker. Ek sê dit die heeltyd. Wat is jou idee van ’n lekker aand uit? Uiteet, ’n glas wyn en dan huis toe. chatNOU! Maandae-Vrydae om 16:00 op kykNET NOU!, DStv-kanaal 146 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 41