kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 38

chatNOU !

Kom klets saam !

Praat jy graag oor die nuutste flieks , modes en tendense ? Dan is chatNOU ! die program vir jou .
40

ChatNOU ! is ’ n opwindende twee uur lange regstreekse uitsending waar aanbieders en kykers direk en interaktief met mekaar klets . Jy kan versoe ke stuur vir jou gunstelingvideo , boodskappe stuur deur sosiale media , en selfs onderhoude met bekendes voer .

Die program bied ’ n platform vir kykers om hulle mening te lug oor onderwerpe wat wissel van flieks , musiek , mode , kos , gaming , tegnologie , vermaak , trends , teater , ontwerp en boeke tot reis en natuurlik sosiale media en diegene wat ’ n invloed het op sosiale media . In die program sal daar ook plaaslike en internasionale musiekvideo ’ s gespeel word én daar gaan bekende gesigte van die mediabedryf wees wat interaktief met die kykers kommunikeer .
Die ankeraanbieders is Willem Botha , Ansu Visser en Stephan van Huyssteen , met Carla MacKenzie die mede-aanbieder . Hulle vertel meer oor hulleself ...

Ansu Visser

Ansu is 26 jaar oud en het ’ n honneursgraad in drama . Sy het haar eie blog , Cut the Mustard , hou van droë humor en is ’ n groot aanhanger van hi-5s en haar worshond , Nikkie .
Wat is jou drie gunsteling-apps ? Ek love Instragram , dis absoluut my nommereen-app . Dan Facebook en Pinterest vir die coolste idees . Pin ­ terest inspireer alle aspekte van my lewe daagliks . Wat is die liedjie wat jy op die oomblik die meeste luister ? “ Walls ” van Kings of Leon . Die musiekvideo is so eenvoudig en absoluut amazing . Die liedjie roer my hart . Dis altyd iets waarna ek luister in musiek . As dit nie my voete laat beweeg of my hart aanraak nie , sal ek dit nie sommer weer luister nie . Wat is jou gunstelingmaaltyd ? Enige maaltyd . Ek is vreeslik lief vir lekker eet . Wat is die drie kledingstukke wat jy vir ’ n vakansie sal inpak ? My gunstelingjeans , ’ n lekker somersrokkie en altyd ’ n lekker paar wit tekkies . Watter land sal jy die graagste wil besoek en hoekom ? Griekeland . Die land skep ’ n prentjie van rus , oopte , vrede en om net op die eenvoudigste manier te leef . Ek sal glad nie omgee om my oggendkoffie in ’ n wit huisie met ’ n blou dak te drink nie .
Wat is volgens jou die opwindendste nuwe trend ? Ek is mal oor klere en is vreeslik opgewonde oor die 90 ’ s-styl wat nou trendy is . Dan ook Polaroid-foto ’ s – dit maak my kinderlik opgewonde . Wat is jou drie gunstelingflieks van alle tye ? UP , As Good As It Gets en The Break Up . Wat is jou gunsteling- elektroniese toestel ? My foon . Wat is jou gunsteling- Afrikaanse woord ? Tameletjie . Wat is die woord wat jy die meeste gebruik ? Coolbeans . Cool . Coolio . Enige afleiding van cool ! Wat is jou idee van ’ n lekker aand uit ? ’ n Kuier saam met vriende met goeie live musiek – en ons moet beslis tot in die oggendure dans !
kykNET | UITGAWE 4 | 2016