kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 36

TRACEY LANGE �ó reis jy! Sy reis nie net die land en die wêreld vol vir werk nie, maar pak ook vinnig haar tas as daar ’n kans is om vakansie te gaan hou in ander lande. Bravo! se Tracey Lange deel haar tien beste reiswenke. 1 Probeer minstens een aktiwiteit per dag beplan – sodoende maak jy seker jy dwaal nie doelloos rond en sien uiteindelik niks van ’n stad nie. 2 As dit ’n nuwe stad is, reël darem een staptoer. Selfs al is dit net ’n kort staptoer met ’n toergids wat dan help dat jy later weet waar sekere dinge is. 3 4 Doen vooraf huiswerk en vind uit wat is vir jou belangrik om te sien. Baie mense verkies om liewer met ’n kredietkaart vakansie te hou, maar dan moet jy heeltyd die wisselkoers­ oorskakeling doen. Besluit op jou begroting deur uit te werk hoeveel jy bereid is om per dag uit te gee, en ruil daardie bedrag dan om in die geldeen­ heid wat jy nodig het. Op dié manier word jy ook nie gevang indien die rand verswak nie. 5 As jy in Europa reis, pak so lig as wat jy moontlik kan. Party van die kleiner hotelle en woonstelle (as jy van Airbnb gebruik maak) het nie hysbakke nie, en glo my: ’n Swaar tas kan die lewe vir jou moeilik maak. 38 6 Maak seker jy het jou beste, gemak­ likste stapskoene gepak. Ek is mal oor stap en gebruik skaars my motor in Kaapstad, maar Europeërs se stap is heeltemal anders as ons s’n. kykNET | UITGAWE 4 | 2016 Kloksgewys van heel bo Tracey Lange in Switserland, met die Alpe in die agtergrond. Die foto is geneem op haar Europese vakansie vroeër vanjaar; Op die bekende Slagtersbrug in Ljubljana, die hoofstad van Slovenië, waar geliefdes slotte aan die brug vasmaak; In 2015, toe sy vir Bravo! opnames in Mosambiek gemaak het.