kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 35

2 1 3 Fiona Pretorius Jessica Sweetlove Magdelena Letsebe Jou voorkoms wanneer jy vakansie hou, moet jou sorgeloos laat voel en jou die kans gee om jou batterye te herlaai. Jy moet kan laat slaap en met die minste moeite op jou heel mooiste voel. Hare As jy vakansie hou, wil jy so vinnig as moontlik klaarmaak sonder om te veel tyd voor die spieël te mors. ’n Korter haarstyl wat nie noodwendig eksieperfeksie hoef te lyk nie, is die antwoord. As jy ’n sterk haar­ gel – of sculpting hair gel – gebruik, kan jy net jou hare laat winddroog word en die styl sal mooi lyk as dit droog is. Velsorg Jou belangrikste velsorg­ produk is ’n vogroom met ’n inge­ boude sonbeskermingsfaktor. My aanbeveling is die Hannon Daily Sunblock Moisturiser met ’n SBF van 30+. Grimering Almal voel beter met ’n sonbruin gelaatskleur, maar die meeste van ons is al lankal bewus van die skade wat die son kan aanrig. Jy hoef nie noodwendig in die son te lê en braai om ’n songloed te kry nie; kry eenvoudig vir jou ’n verbronsings­ blosser soos Hannon Sun Kissed Blusher, wat jy sommer ook kan gebruik as ’n oogksadu en wat kompleet lyk soos die diepste sonbruin kleur wat jy al ooit gehad het. Klere Vakansieklere moet helder kleure hê, want dit laat jou energiek en spontaan voel én lyk. Kies gerus bloese en T-hemde wat die kleur van jou oë die beste komplementeer. Op ’n glansgeleentheid moet jy op jou deftigste lyk, maar darem ook nie té wispelturig oorkom nie. Laat jouself geld met die mooiste maniere en die beste sjarme. Hare Vroue met langer hare kan hulle hare in ’n opgekamde styl dra as hulle deftiger wil vertoon. Maar as jy bang is mense dink jy is onbereikbaar en styf, dra gerus jou hare los en glan­ send. As jy bekommerd is dat jou los hare volume verloor en platval terwyl die geleentheid aan die gang is, spuit ’n haarspoei met ekstraferm houkrag (Hannon Style Lock Hair Spray) aan die deel op jou kroon­tjie. Só sal jou hare genoeg hoogte hê en die res kan vrylik rondwip. Velsorg As jy in die spieël kyk en dit lyk vir jou of jou hele gesig begin hang en fermheid verloor, moenie moed verloor nie. Wend ’n serum soos Hannon Liquid Lifting Serum onder jou vogroom aan wat sorg vir onmidde­ like fermheid en ’n aansienlike gladder veltekstuur. As jy ouer as 30 is, kan jy dit sommer twee keer per dag gebruik – vir die res van jou lewe. Grimering Deftige grimering beteken nie dit moet uitspattig en te kleurryk wees nie. Gaan eerder vir neutrale kleure en beklemtoon net jou mooiste gelaatstrekke. Probeer gerus bruin oogskadu (Hannon Brown Duo Eye Shadow), maar maak seker jy gebruik ’n swart maskara om jou oë die nodige trefkrag te gee. Klere Dra gerus ’n baadjie om jou skouers te bedek by ’n deftige geleent­ heid – sodoende toon jy respek teenoor jou gasvrou en die ander gaste. ’n Baad­ jie hoef nie noodwendig korporatief en vervelig te lyk nie; jy kan so helder gaan as waarvoor jy lus het – en moenie bang wees vir ’n diervelmotief nie. Die jaar wat verby is, moet gevier word en jy wil die nuwe jaar met kleur en sprankel instap. Vir dié geleentheid hoef jy nie soos die res van die mense op die partytjie te lyk nie. Dalk wil jy ook die aandag trek, want as jy onsig­ baar die nuwe jaar instap, bly jy dalk heeljaar onsigbaar. Hare Waag met jou haarstyl – veral die kleur kan iets meer feesteliks en opwindends wees. As jy besluit om rooi vlamstrepe in te verf moet jy vooraf weet dit gaan onderhoud bete­ ken. ’n Rooi haarkleur verbleik vinnig; vra jou haarkapper om vir jou ’n rooi kleurversterkingsjampoe (Hannon Red Infusion Shampoo) te gee waarmee jy jou nuwe haarkleur sommer by die huis salonvars kan laat lyk. Grimering Die Oujaarsaandpartytjie gaan dalk dagbreek ook sien en jy wil seker maak jou grimering slaan nog asems weg as almal se gô begin uit­ raak. Sodra jy jou helderste grimering aangewend het, spuit ’n grimeerseëlaar (Hannon Moisture Seal) oor jou gri­ mering. Jy sal dit vir 10 uur lank kan uitkap sonder om jou enigsins te kwel. Velsorg Vir ’n spesiale geleentheid het jy 10 minute langer nodig vir jou velsorgroetine. ’n Vogmasker (Hannon Rehydrating Moisture Mask) werk soos ’n voginspuiting vir ’n ontwaterde vel: Dit plomp jou vel effens uit terwyl dit ook ’n pragtige glans laat. Klere Vir ’n Oujaarspartyjie dra jy die kleur wat jou die meeste ophelder en jou die mooiste laat voel. As die weer dit toelaat, wys gerus ’n bietjie van jou mooi halslyn en bene. As jy loop, moet die materiaal van jou rok ook beweeg. Sorg vir ’n heerlik sagte materiaal wat jou vel heelaand sal koester. Lekker groot oorbelle is hoogmode – wys gerus jy ken die nuutste tendense. VAKANSIEGEVOEL DEFTIGE GELEENTHEID OUJAARSAAND Glam Guru Sondae om 18:30 op kykNET, DStv-kanaal 144 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 37