EDIK VAN NANTES 2
Franse flair
Met hierdie vier resepte uit die nuwe reeks van Die Edik van
Nantes kan jy met Suid-Afrikaanse bestanddele soos die
Franse kook. Nataniël en sy broer, die sjef Erik le Roux, wys
presies hoe maklik dit is om soos ’n pro kos te maak.
Preie met
mosterdvinaigrette
(genoeg vir 4-6)
Jy benodig
• 800 g groot preie
• 1 lourierblaar
• 5 takkies vars pietersielie
• 4 takkies vars tiemie
• 1 geelwortel, in dun ringe gesny
• 1 selderystok, in dun skyfies gesny
VIR DIE MOSTERDVINAIGRETTE
• sap van 1 suurlemoen
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• ½ teelepel (2,5 ml) seesout
• 1 eetlepel (15 ml) Franse mosterd
• 1 eetlepel (15 ml) gewone jogurt
• ⅓ koppie (80 ml) olyfolie
• ’n knippie witpeper
• 1 eetlepel (15 ml) fyngekapte
pietersielie
Só maak jy
1 Maak die vinaigrette Meng die suurlemoensap, knoffel en sout in ’n bakkie
en laat dit vir ’n paar minute staan.
Voeg die mosterd, jogurt en olie by en
klits dit tot die mengsel verdik. Roer
die peper en pietersielie by.
2 Sny die groen blaargedeelte van
die preie af en sny die liggroen dele
in die lengte middeldeur. Rangskik
dit op die boom van ’n groot pan en
voeg die groente en kruie by. Gooi
genoeg water by om die groente
te bedek en prut dit vir ongeveer
20 minute tot sag.
3 Skep die preie op ’n opdienbord en
giet van die vinaigrette bo-oor.
34
Uitgevat Die broers soos kykers hulle op
Die Edik van Nantes leer ken het.
kykNET | UITGAWE 4 | 2016