kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 28

'Prontuit ' KABOUS MEIRING … OOR ’N HONDERD! In Oktober is die 100ste episode van Prontuit uitgesaai. Die aanbieder, Kabous Meiring, vertel van die hoogte- en laagtepunte. H 30 oe ek op Prontuit beland het, is een van daardie stories wat ’n mens in Hollywood oorvertel as jy baie bekend is – soos die nou reeds bekende verhaal van Charlize Theron wat ’n woordewisseling in ’n bank begin het en toe raakgesien is. Ek is egter nie in Hollywood nie en ook nie bekend nie, maar vir my is dit ewe opwindend. En kom ons wees nou eerlik: Ek is mál oor Prontuit. Maar hoe het dit begin? Ek was in ’n redelik onaantreklike, praktiese pakkie – kortbroek, stapskoene en windjekker – toe ek die regie gedoen het vir die oudisies om ’n aanbieder vir Prontuit te soek. Ek moes noodge­dwonge instaan as gas (ek het as aanbieder die debatte op Dagbreek behartig, maar was meestal televisieregisseur), en ek en Mariëtta Kruger het só lekker gesels op kamera dat daar besluit is om my haar medeaanbieder van Prontuit te maak. Dit was ook die begin van ’n stewige vriendskap, maar die einde van die praktiese en onsexy kleredrag. Ek moes skielik vir lief neem met grimering en hoë hakke. Op 4 Oktober 2014 begin ons met Laataand Aktueel en daardie Woensdagaand was die eerste Prontuit-uitsending. Toe Mariëtta weg is, het sy my gelos met baie gereedskap, en sy staan steeds reg om raad te gee en lekker te kuier. Prontuit word beskryf as ’n program wat identiteitskwessies ondersoek. Dis wyd ja, maar dit beteken dat ons na heelwat aspekte van menswees kan kyk. Ons voer ook onderhoude met Suid-Afrika­ ners wat diep spore getrap het – skrywers, joernaliste, denkers en soms moeilikheidmakers. Een van die moeilikste onderhoude wat ek gevoer het, was met Jani Allan, bekende joernalis wat tot vandag toe ontken dat sy ’n liefdesverhouding met die destydse lei er van die AWB, Eugène TerreBlanche, gehad het soos beweer is. Jani het haar memoires geskryf, en deel van die stories is ’n wonderlike terugblik op ’n omstrede en glamorous lewe in Johannesburg. Sonder om haar te veel op te hemel wou ek haar laat tuis voel en hier en daar kritiese vrae vra. ’n Uitdaging, veral met iemand van haar kaliber. OM OP PRONTUIT TE WERK bring jou in aanraking met interessante en noodsaaklike gesprekke. Ek dink dadelik aan die boek Soos familie deur Ena Jansen. Die boek ondersoek die posisie van die huishulp in die Suid-Afrikaanse litera­tuur – vir my broodnodige stof tot nadenke. Heel voorspelbaar was een van die gewildste uitsendings van Prontuit tot dusver die gesprek oor die toekoms van die wit man. Kallie Kriel en Piet Croucamp saam in ’n ateljee kan ’n kyker se bloed behoor­ lik laat kook, en miskien is mense net so erg bekommerd oor die wit man as oor die witrenoster. Ons hét darem ook onlangs oor die wettiging van handel in renosterhorings gepraat – iets wat ’n interessante brandpunt vir die komende jaar gaan wees. Voor ’n uitsending knaag die senuwees maar altyd, maar met ’n sterk span is ek in goeie hande. En om gesprekke as stokperd­jie te be­ oefen én dit as ’n regte werk te doen maak my gelukkig. Die feit dat kykNET ’n platform gee vir programme wat inligting gee en die nuuskie­righeid oor ons sosio­politiek prikkel, is belangrik. Prontuit Maandae om 22:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 kykNET | UITGAWE 4 | 2016