Ingrid Glorie
Bennie Eksteen
Ek woon in Haarlem, Nederland, en is redakteur
van Maandblad Zuid-Afrika. Ek is ’n Nederlander
en my huismaat ’n Suid-Afrikaner wat al dertig
jaar in Nederland woon.
ShowMax is vir albei van ons ’n manier om
op die hoogte te bly van ontwikkelings in SuidAfrika en om in voeling te bly met wat ons
familie en vriende in Suid-Afrika kyk. Dis ook
’n goeie manier om te weet wat aangaan met
lewende Afrikaans.
Ons kyk graag die ou flieks en volg programme
soos Robinson en KN Verslag. Ons het die meeste
episodes van Reis na Gister, Republiek van Zoid
Afrika, Sandra op ’n Drafstap en Jan Braai gekyk,
en as ons genoeg tyd gehad het, sou ons elke
week Kwêla wou kyk. Boland Moorde was onderhoudend en Die Byl is regtig goed. Nou moet ek
begin opvang met Binnelanders, want Amanda
Strydom is daarin te sien!
Ek wil ander Suid-Afrikaners aanmoedig om
ShowMax te kry – dis regtig nie duur nie.
Die drie kykNET-persoonlikhede wat ek graag
vir ete sal wil nooi, is Sandra Prinsloo, Hannes
van Wyk en Waldimar Pelser.
Ek en my vrou, Amanda, woon al 18 jaar in Amerika. Ek is ’n siviele ingenieur en Amanda bedryf haar
eie besigheid.
Ons hou van die geselsprogramme op ShowMax
– ’n groot gunsteling is Republiek van Zoid Afrika.
Ons kyk ook Hotel, soms van die rolprente, Fiësta,
Toks & Tjops en OppieStoep.
Vir ons is die grootste voordeel van ShowMax om
Afrikaans te hoor. Dit is ’n onbeskryflike gevoel. Ek
sal ander Suid-Afrikaners in die buiteland aanraai
om ShowMax te kry sodat hulle ook dié genot in die
Afrikaanse programme kan vind.
Ja, ons mis Suid-Afrika: die kultuur, Afrikaans,
ons mense, braaivleis, die see, sonskyn en Kaapstad.
As ek drie kykNET-persoonlikhede vir ete kan
nooi? Daar’s so baie om van te kies, maar uiteindelik
sal dit seker Karen Zoid, Schalk Bezuidenhout en
Jan Braai wees.
HAARLEM, NEDERLAND
NEW JERSEY, AMERIKA
‘Ek sal ander Suid-Afrikaners
in die buiteland aanraai om
ShowMax te kry.’
Hoe werk dit?
Net omdat jy anderkant die waters bly, beteken dit nie
jy hoef al kykNET se puik programme mis te loop nie.
ShowMax, wat sedert Desember 2015 kykNET se inhoud
beskikbaar stel, is net die ding om die ergste verlange na
sonnige Suid-Afrika én Afrikaans te stil.
Teen ’n maandelikse tarief het jy toegang tot duisende
reekse en flieks wat jy op jou slim-TV, skootrekenaar,
slimfoon of tablet kan kyk. Julle kan selfs op dieselfde
tyd op verskille toestelle na verskillende programme kyk.
ShowMax is beskikbaar in Australië, Nieu-Seeland,
Noord-Amerika, Kanada, Brittanje en die res van WesEuropa. Daar is daagliks nuwe episodes van gewilde
reekse soos Binnelanders en Getroud met Rugby, en
aktualiteitsprogramme is binne 24 uur nadat dit in SuidAfrika uitgesaai te sien.
Wat kos dit? Vir gebruikers in Suid-Afrika kos ShowMax
R99 per maand, terwyl Suid-Afrikaners in die buiteland
US$8,99 per maand betaal – ’n winskoop in enige
geldeenheid.
Wat het jy nodig? ’n Internetverbinding van minstens
2 Mbps, hoewel 4 Mbps aanbeveel word vir die heel
beste ervaring.
27
2016 | UITGAWE 4 | kykNET