kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 22

CARIEN LOUBSER Om ’n suksesvolle program soos Republiek van Zoid Afrika op die lug te kry verg maande se beplanning. Die regisseur en ver­ vaardiger, Carien Loubser, vertel meer van wat alles agter die skerms gebeur. DIE YSTERHAND AGTER RZA A 22 s Karen Zoid die president van die Republiek van Zoid Afrika is, is Carien Loubser die sekretaris-generaal. Sy is die een wat al die drade bymekaar moet hou, wat moet sorg dat die program van beplanning tot uitsending glad verloop. Dis die dag voor Karen se konsert in die Operahuis by Kunstekaap in die Moederstad. Op die verhoog word ligte gehang, die musikante daag op en elke nou en dan kom druk iemand op Carien se knoppie. Wat moet hier staan? Wat moet dan gebeur? Sy is kalm. In beheer. “Dit was juis by een van Karen se konserte, in die Atterbury-teater in Pretoria, waar die idee vir RZA gebore is,” vertel Carien. “By daardie konsert het Karen ’n hele paar stories vertel. Ná die tyd het ons op ’n funksie met Karen kykNET | UITGAWE 4 | 2016 Deur Ilza Roggeband Meiring, kanaalhoof van kykNET, gesels. Ek het vir Karen (Zoid) gesê sy was ’n regte Elsie Geselsie... en daar is die eerste saadjie vir RZA geplant.” Van die begin af wou hulle hê hierdie moet anders wees as ander geselsprogramme. “Karen is ’n rocker,” sê Carien. “Sy is onkonvensioneel op soveel maniere en ons moes aan ’n formaat dink wat anders is as wat ons plaaslik of internasionaal al op TV gesien het.” Ook die stel moes haar persoonlik­ heid laat deurkom, sê Carien. “Dit moes lyk soos ’n kamer agter ’n verhoog, daar waar die kunstenaars sit voor hulle opgaan. Dit moet vir die kykers voel hulle is saam met hierdie mense in die sitkamer, dat hulle ’n vlieg teen die muur is as die gesprekke plaasvind. “Die stel is deur die teaterregisseur Jaco Bouwer ontwerp en sy opdrag was dat dit retro/kitch/cool moes wees. Van die klankversterkers wat in die ateljee rondstaan, is vintage en behoort aan Theo Crous, wat ook vir die finale meng van die program verantwoordelik is.” Karen was aanvanklik teësinnig om op die program te sing. “Sy was bang mense dink sy is windgat,” sê Carien. “Toe ons die eerste program opneem met Zolani Mahola van die groep Freshlyground en Riaan Cruywagen as gaste, het ons besluit sy gaan net een liedjie saam met Zolani sing. As ons dit gaan gebruik, dan het ons dit; as ons dit nie gebruik nie, dan is dit ook goed.” Die reaksie van die gehoor was só goed dat die liedjie aan die einde van die program ’n deel daarvan geword het. Karen het reg van die begin af gesê sy