kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 14

SUIDOOSTER 1 jaar oud! ’n Volle Is jy dalk een van die laatslapers wat nog nie Suidooster kyk nie? Wonder jy ook hoekom dié gewilde sepie ál meer kykers lok? Ter viering van Suidooster se eerste verjaardag gee ons jou al die inligting om op die hoogte te kom. Die Octobers Ian October wil die Suidoos­ ter-sentrum, waarvan hy die bestuurder is, uiteindelik besit sodat hy met ’n nuwe ontwikkeling kan begin. Maar daarvoor het hy volle eienaarskap nodig – iets wat hy net kan kry as Mrs J dit aan hom oorteken. Wanneer sy langverlore skoonsuster opdaag, ontvang sy haar aandele in die sentrum van Mrs J, en Bridgette kry ook hare. Wanneer Lee-Anne sy aanbod om haar uit te koop van die hand wys, rig hy sy visier op ’n brose Mrs J. Ian en Chris du Plooy (Marcel van Heerden) beraam ’n plan om Mrs J onbevoeg te laat verklaar sodat sy nood­gedwonge die bestuur van haar aandele en die sentrum aan Ian moet oorlaat. Bridgette vind uit van dié plan, en wanneer die aandeelhouers oor die toekoms van die sentrum moet stem, stem sy teen haar man. Ian verloor sy greep op die sentrum. Jerome en Nicole is Ian en Bridgette se kinders. Nadat Jerome by Suidooster-eiendomme afgedank is, het hy besluit om sy eie potjie te krap. Hy begin ’n promosie­ besigheid, maar kom in die moeilikheid wanneer die 16-jarige Lauren Engelbrecht op hom verlief raak. Lauren se ma kla Jerome aan van verkragting, maar trek later die saak terug wanneer sy besef Jerome is onskuldig. Wie is wie en waar pas hulle in? Jerome Nicole Lee-Ann Bridgette Mrs J Mrs Jacobs en haar dogters Mrs Jacobs (Theresa Sedras) is ’n weduwee en het twee dogters. By haar 70ste verjaardagpartytjie daag haar verlore dogter, Lee-Ann Jacobs (Portia Joel), op. Bridgette (Deni­se Newman), die ouer suster, is nie gelukkig hieroor nie. Lee-Ann het destyds ’n skelm verhouding met Bridgette se man, Ian October (Abduragman Adams), gehad en probeer alles in haar vermoë om vir Bridgette uit Ruiter­ bosch te kry. Kykers het mettertyd uitgevind hulle pa, Henry Jacobs, is oorlede as gevolg van Lee-Ann se dwelmverlede en Bridgette se jaloesie. Mrs J hoop haar dogters sal eendag met mekaar kan vrede maak, maar Bridgette vertrou Lee-Ann nie vir een oomblik nie. Het voorheen ’n verhouding gehad Bridgette Ian Getroud kykNET | UITGAWE 4 | 2016