kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 13

Tina het al ’n paar filmkrediete op haar kerfstok. Sy was die medeskrywer van Leading Lady, die skrywer van French Toast, die vervaardiger van Sy Klink Soos Lente, en die volgende rolprent uit haar pen is Jou Romeo wat einde Desember vrygestel word. “Elke skrywer wat ’n ware verhaal in ’n draaiboek omskep, moet tot ’n groot mate kreatiewe vryheid gegun word en daarvan gebruik maak,” sê Tina oor Vir die Voëls. “Ten spyte daarvan dat ek my allerbes probeer het om die ware verhaal te eerbiedig, was daar beslis ’n paar karakters en gebeurtenisse wat moes wegval, maar gelukkig ook ’n paar kleurryke siele en tonele wat bygekom het.” Die grootste uitdaging vir haar met hierdie projek was dat die wêreld waarin die storie afspeel, vir almal bekend is. Francois Jacobs, in die eerste fliekhoofrol van sy loopbaan, is te sien as Sampie. ‘Wanneer hy val, tel hy homself weer op en niks sal in sy pad staan om die vrou van sy drome se hart te wen nie.’ “Dit het groot sports veroor­saak met elke weergawe van die draaiboek, want elke aandeelhouer onthou iets anders van daardie tydperk en wil dan sy of haar eie belewenis ook in die film weerspieël sien. Ek het soveel as moontlik insette probeer absorbeer en ek dink dit gaan uiteindelik sorg dat oud en jonk die storie as eg Suid-Afrikaans sal kan geniet,” sê sy. FRANCOIS JACOBS, WAT DIE ROL van Sampie speel, het by sy ouers, Sandra en Kobus, aangeklop om die karakter te vorm. “Die jare sewentig was ’n interessante era,” sê Francois. “Ek het met my pa gepraat oor die Grensoorlog en veral oor die lingo wat hulle destyds gebruik het. Quentin het ons baie vryheid gegee en dit was lekker om so te werk. Daar was baie goeie riglyne van die teks, maar daar was ook dinge wat ons subtiel kon inwerk.” Hy sê die karakter is iemand wat baie soos hy is. “Sampie vat nie nee vir ’n antwoord nie. Wanneer hy val, tel hy homself weer op en niks sal in sy pad staan om die vrou van sy drome se hart te wen nie.” Dit is Francois se eerste hoofrol in ’n rolprent. Hy was voorheen te sien in Pad Na Jou Hart, Hollywood in My Huis en Agent 2000, en het ook in die Daar kom die bruid... Simoné Nortmann, bekend vir haar rol in die komediereeks Hotel, speel die ander hoofrol in die fliek – dié van ’n jong Irma. TV-reekse Donkerland, Binnelanders en 7de Laan sy verskyning gemaak. Hy werk ook graag in die teater en was onlangs te sien in die bekroonde People are Living There waar hy onder andere teenoor Anna-Mart van der Merwe gespeel het. “Ek het dit baie geniet om van begin tot einde deel te wees van Vir die Voëls,” sê hy. “Dit was groot pret en ons het later soos familie gevoel.” Hy het eers ná die verfilming die ware Sampie ontmoet. “Ek wou hom nie voor die tyd ontmoet nie, want ek wou nie met vooropgestelde idees die karakter vorm nie. Maar nadat ek hom ontmoet het, was ek bly dat ek tog naby aan die ware Sampie gekom het.” Francois sê hy glo oud en jonk gaan die fliek geniet. “Mense van my ouderdom het nog net van die jare sewentig gehoor en is moontlik nuuskierig oor daardie tyd. Ouer mense sal die fliek geniet om­dat hulle weer daardie tyd kan herleef. Een ding is seker: Vir die Voëls is nie jou ti­piese romantiese komedie nie.” “Vir die Voëls is vir almal,” sê Karen. “Dit kom uit ’n era wat mense sal herken, en dis interessant om te sien hoe anders die lewe was. Ek is ook baie trots om te sien hoe kykNET se Silwerskermfees deur die jare gehelp het om flieks soos hierdie te maak. Die fees het geleenthede geskep en mense bymekaar gebring, wat nou sorg vir projekte waarop ons trots kan wees. Mense speel nie meer almal in hulle eie dammetjie nie; ons werk nou saam om die beste moontlike vermaak vir Suid-Afrikaners te skep.” Vir die Voëls word op 25 November 2016 vrygestel 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 13