kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 21

Oorkant , links Stiaan Smith , Amalia Uys , Bennie Fourie en Corné van Rooyen ( regisseur ) by die vertoning van Sy Klink Soos Lente . Oorkant , regs Vlees van My Vlees het verskeie toekennings ge - wen . Erica Wessels , haar verloofde , Willem Boshoff , Matthys Boshoff ( regisseur en skrywer van Vlees van My Vlees ), Jozua Malherbe en Lucia Meyer-Marais ( vervaardigers ) by die toekenningsaand . Links Deon Lotz , Cintaine Schutte , André Roothman en Carel Nel van die kortfilm HUM . Bo Gustav Gerdener , Wilhelm van der Walt , Bennie Fourie , Niel van Deventer en Beer Adriaanse is ’ n jong geslag filmmakers en akteurs wat die fees bygewoon het .

vir die filmbedryf

Die Silwerskermfees is goed vir ’ n mens se siel , sê Uga . “ Dis inspirerend , dis energiegewend en daar is tyd en plek om idees uit te ruil , te netwerk , flieks te kyk en mekaar te ondersteun . Die fees het die balans net reg . Hierdie jaar kan maar die koek vat . Ek het moves op die dansbaan gesien wat so goed was soos die flieks wat vanjaar gewys is ! Ons filmmakers het duidelik vele talente .”
Vir haar was daar vele hoogtepunte . “ Om Alison as deel van die amptelike program te hê en boonop benoem te word as beste dokumentêre film . En dan ook om vir Alison daar saam met my te hê . Sy is my gunstelingfeesgenoot .”
Die fees bied ook oplossings vir probleme en hindernisse . “ Daar is ’ n tekort aan goeie draaiboeke – die eerste bousteen van ’ n suksesvolle en bemarkbare fliek ,” sê Matthys . “ En dan is daar ook die uitdaging om ’ n gehoor wyer as ons plaaslike gehoor te vind . Dit voel soms of ons geïsoleerd van die res van die filmwêreld is . Die uitdaging is om goeie draaiboeke te verfilm wat aanklank sal vind by plaaslike én internasionale gehore .”
Hoe sien hy die fees oor vyf jaar ? “ Ek hoop dit sal ’ n sterker internasionale
naam hê en dat dit internasionale vervaardigers en verspreiders sal lok .”
Stiaan sê hy hoop nie die fees raak te mededingend nie . “ Op die oomblik is daar ’ n lieflike feesgees en almal is opreg en ondersteunend oor mekaar se werk . Maar met die gehalte van die films wat eksposensieel groei – en die aantal honger filmmakers wat by die tafel aansit – kan dit maklik ’ n negatiewe uitwerking hê . Die kunste het ’ n manier om te dink daar moet ’ n wenner wees , soos in sport . As ons kan aanhou glo daar ’ s ’ n plek vir almal wat hard werk en

Kom kyk saam op ShowMax !

Die 15 kortfilms wat vanjaar by die Silwerskermfees gewys is , is reeds op ShowMax te sien ( Meer inligting oor ShowMax op bl . 26 .) As jy dit egter op kykNET wil kyk , sal jy tot April 2017 moet wag wanneer dit op die lug sal wees . Hoe ook al : Dit is deur en deur die wag werd .
passievol is oor stories , sal ons dit nooit nodig vind om ander af te trek nie . Comparison is the thief of joy .”
Hy sê ook filmmakers moet nooit van die gehoor vergeet nie . “ ’ n Mens kan so maklik weggeraap word in die kritiese opmerkings van ons medefliekmakers , so vinnig wil beïndruk met ’ n storie of selfs net wil regkry wat jy die vorige keer reggekry het dat jy maklik vergeet die eintlike doel is om ’ n gehoor te vermaak . Dit kan maklik die storie – van teksfase tot en met die finale redigering – negatief beïnvloed .”
Matthys hoop ook die Silwerskermfees gaan ’ n sterker internasionale naam kry . “ Hopelik gaan die fees internasionale vervaardigers en verspreiders lok . Die werkswinkel met Dan Mindel (’ n internasionale kinematograaf wat vanjaar se fees bygewoon en ’ n meesterklas aangebied het ) was beslis ’ n stap in die regte rigting . Slypskole met internasionale filmmakers , skrywers en veral verspreiders sal beslis die fees nog ’ n hupstoot gee .”
Stiaan sê daar is min aan die fees wat hy sal verander . “ Solank Kabous Meiring die vraag-en-antwoordsessies behartig en Du Toitskloof die wyn verskaf , is daar niks om oor te kla nie .”
21
2016 | UITGAWE 4 | kykNET